Aartappels met pesto

Jy het nodig (vir 4 porsies:)
- 20 baba-aartappels of 5 gewone aartappels, in kwarte gesny
- ½ koppie basiliepesto (koop die wat klaar gemaak is)
- ½ koppie karringmelk (jy kan ook gewone melk gebruik as jy nie karringmelk het nie)
- 10 kersietamaties of twee groot tamaties in kleiner stukkies gesny
- sout, na smaak
- varsgemaalde swartpeper
Kook ’n tekkie. Kook die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en sit eenkant om effens af te koel.
Skil en sny. Trek die skille af, sny die baba-aartappels in die helfte deur en sit in ’n mooi bak. Sny die kersietamaties ook in die helfte deur en rangskik dit tussen die aartappels.
Hei, presto. Meng die pesto, karringmelk en sout en gooi dit oor die aartappels. Strooi swartpeper oor.
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #25 | Maart 2011
Gebruiker stories




Kommentare
Pos nuwe kommentaar