Hallo Ali
Ek en my man is in ons middel-sestigs, en kon weens familieverpligtinge net af en toe vir ’n vinnige paar dae wegbreek. Nou het omstandighede verander, en wil ons opmaak vir wat ons verloor het!
Ons wil nie ’n monster van ’n 4x4 koop waarmee mens Van Zylspas kan aandurf of duine mee uitjaag nie – ons soek ’n “kleinerige” 4x4 sodat ons met vertroue op ’n rowwe grondpad kan afdraai of ’n steil bergpas kan uitry. Pa mik na ’n Ford Ranger Cab-’n-half, maar ek wil tog nie ’n “lôrrie” hê nie.