Skep jou eie blog

O ja, gelukkige lentedag. Soort van.

Die lente has pas aangebreek. Nie dat iemand dit vir die weerman gesê het nie, want dit sous vandag lekker in die Kaap. Dis nie of ek kla nie, want as die reën uiteindelik ophou, gaan die wind oorneem. En so gaan dit aan tot omtrent einde Januarie.
Is dit hoekom die enigste Kapenaars wat jy oor Desember-vakansie in die Kaap sal kry spietkops, winkeliers en kelners is? Want die res van ons vlieg ore in die nek hier weg na ’n rustiger, minder besige en minder winderige plek.

Koës is ’n kwáái plek

Kollega Toast Coetzer van ons sustertydskrif Weg loop vanoggend hier verby.
“Jy was mos onlangs in Koës in Namibië?”
Ja, hoekom vra jy”
“Nee, want hulle het vir my gesê jy was daar.”
“Het jy vir Bonsai ontmoet?”
“Nee, hy’t gaan wild oes. Maar ek het met sy vrou gepraat.”
Almal weet wie “Bonsai” is.
Dis waarskynlik net sy ouers wat hom ken as “Johan Combrink”.

Wat hulle eintlik bedoel, is…



Baie mense dink die lewe van ’n motorjoernalis is net rosegeur en maneskyn. Wel, laat ek vir julle vertel watter hel dit kan wees.

Veral as jy gekonfronteer word met ’n mediaverklaring oor ’n voertuig wat só min in gemeen het met die ding wat jy pas gery het, dat jy soms wonder of hulle nie dalk per ongeluk vir jou die verkeerde verklaring in die hand gestop het nie.
Dit maak ’n mens deurmekaar.

Is dieselenjin-voertuie se dae getel?




Wat my bekommer van die jongste turbodiesels - veral die met kleinerige verplasings en groot kraglewering - is die hoë druk van die brandstofinspuiting en gevorderde dieselinspuiters. Dit beteken net een ding: Enjins wat ontwerp is vir Euro IV vereistes en 50 p.p.m. diesel oftewel "superskoon" diesel in Suid-Afrika.

Namibie se plaasmechanics

Ek was pas in Namibië se wêreld vir ’n storie wat in ons Oktober-uitgawe gaan verskyn. Ek weet nie hoekom nie, maar dit wil-wil voorkom of daar ’n ooraanbod van plaas-mechanics in Namibië is.
    Ouens bou pypkarre met VW Golf-enjins, kwats met superfietsenjins en ’n ou Mini wat 200 km/h in die Kaiserstrasse in Windhoek gehaal het. En dis die oortjies van die seekoei.
    Miskien is dit omdat hulle so afgeleë is en ’n boer moet plan maak. Of dalk beteken die stiltes dat jy net meer tyd kry om behoorlik te dink.

Toerusting en die lees van die instruksies...

Toerusting en die lees van die instruksies...

Toe probeer ek vandag om 'n slim kampbed (stretcher in goeie Afrikaans) op te slaan in die kantoor.

In die een hoek, dames en here, Jaco (die man wat die instruksies wil lees!) en in die ander hoek, Leon (die uitlegkunstenaar wat dit 'op gevoel' wil opslaan...).

Vele hande maak nie ligte werk nie, 'too many cooks spoil the broth'. Na 'n ruk sien ek hierdie besigheid gaan nie werk nie, toe pak ek maar die onderdele op en verkas na my kantoortjie toe. Nadat ek goed gefokus het, het ek hom in 'n japtrap opgeslaan.

Jaco dink hardop

Oor so twee weke sit ek af na Koës, in die suidooste van Namibië. Ons kan nie nou al verklap wat ons daar gaan doen nie, maar ons is seker dat die lesers die storie baie gaan geniet!

Syndicate content
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association