Toerusting en die lees van die instruksies...
Toe probeer ek vandag om 'n slim kampbed (stretcher in goeie Afrikaans) op te slaan in die kantoor.
In die een hoek, dames en here, Jaco (die man wat die instruksies wil lees!) en in die ander hoek, Leon (die uitlegkunstenaar wat dit 'op gevoel' wil opslaan...).
Vele hande maak nie ligte werk nie, 'too many cooks spoil the broth'. Na 'n ruk sien ek hierdie besigheid gaan nie werk nie, toe pak ek maar die onderdele op en verkas na my kantoortjie toe. Nadat ek goed gefokus het, het ek hom in 'n japtrap opgeslaan.