Ons het besluit om vir onsself ’n limiet te stel oor hoeveel ons vir die bakkie gaan betaal. R70 000 is die maksimum wat ons wil spandeer voor ons hom begin opdollie met onder andere lekker aggressiewe veldrybande (voor die woord “opdollie” dalk verwarring saai...).
Dit beteken, met ons begroting van R120 000, dat ons R50 000 gaan oorhou vir dié taak – waaroor dit alles eintlik gaan. Ons gaan self die beste pryse soek vir ’n laaistelsel, dakrak, vering, dubbelbatterystelsel, watertenk, en so aan. Dit hang ook natuurlik af wat die bakkie reeds het.