Zimbabwe Grenspos


Nuttig om te weet
Geldeenheid: VSA dollar (oorgangstadium) ($1 = R7)
Brandstof: Die beskikbaarheid van diesel en gelode petrol het nou na normaal teruggekeer nadat dit ’n ruk gelede plek-plek onbekombaar was.
Malariarisiko: Matig tot hoog
Noodnommers: 999 (algemeen); 995 (polisie); 994 (ambulans); 993 (brandweer)
SA konsulaat: Elcombe-weg 7, Belgravia, Harare; 00263 4 75 3147/8/9; dhacon@mweb.co.zw
Konsulaat in SA: 011 838 2156; admin@zimbabweconsulate.co.za
Nog inligting: 011 616 9534/5/6; www.zimbabwetourism.net; info@zimbabwetourism.co.za
Watter dokumente is nodig?
Visum: Ja (gratis te kry by die grenspos)
Internasionale rybewys: Ja
Inentingsertifikaat: Hepatitis A- en tetanus-inentings word aanbeveel.
Mediese versekering: Aanbeveel
Voertuigversekering: Voertuie moet derdepartyversekering hê; as jy dit by die grens koop, kos dit ±R200. Jy kan dit ook by ’n AA Autoshop of Travel Experience-winkel koop.
Voertuigregistrasiedokumente: Oorspronklike dokumente
Toestemmingsbriewe: Voertuie wat Zimbabwe binnegaan, moet ’n toestemmingsbrief hê. Alle buitelandse voertuie moet polisieklaring hê ( www.dfa.gov.za/consular/policeclear.htm).
By die grenspos
Koste: Padtoegangsgeld (R100); koolstofbelasting (vanaf R100 vir ’n 1,3 litervoertuig tot R370 vir ’n 3 liter-4×4, geldig vir 30 dae); brugtolgeld (R100, net by Beitbrug)
Toerusting: ’n Rooi en wit T-teken as jy ’n sleepwa sleep (die wit teken moet aan die voorkant, regs wees en rooi aan die agterkant, regs); wit weerkaatsband op die voorste buffer van die voertuig (van die amptenare dring ook aan op rooi weerkaatsband agterop die voertuig, hoewel party die ingeboude rooi weerkaatsers in die agterste buffer aanvaar)
ZA-plakker: Ja
Wat mag ek invat? Goedere van tot VSA$300, insluitende tabak, parfuum en geskenke: 400 sigarette; 5 liter drank (waarvan tot 2 liter hardehout mag wees); parfuum vir persoonlike gebruik; film vir persoonlike gebruik. Kameras en geld moet verklaar word.
Wat nog? Dwelms, heuning, pornografiese materiaal, speelgoedwapens, veermesse (flick knives) en sluitbare messe word verbied; jy kry ’n permit vir wapens en ammunisie by jou aankoms.
Grenspostye: Beitbrug 24 uur; Pandamatenga 08.00-16.00; Victoria Falls-Livingstone 06.00-20.00; die meeste ander grensposte 06.00-18.00
Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011






