Zambië Grenspos

Zambie Vlag

Nuttig om te weet

Geldeenheid: Zambiese kwacha (ZK1000 = R1,50)
Brandstof: Gelode en ongelode petrol en diesel is geredelik beskikbaar in groot sentra; in afgeleë gebiede is dit skaars.
Malariarisiko: Hoog
Noodnommers: 999 (algemeen); 991 (polisie en ambulans); 993 (brandweer)
Konsulaat: Cheetahweg 26D, Kabulonga; 00260 211 26 0999; lusaka.political@foreign.gov.za
Hoëkommissariaat in SA: 012 326 1847/54; info@zambiapretoria.net; www.zambiapretoria.net
Nog inligting: www.zambiatourism.com; 00260 211 22 9087; 00260 211 22 5174; zntb@zambiatourism.org.zm

Watter dokumente is nodig?

Visum: Nie nodig vir SA burgers nie
Internasionale rybewys: Ja
Inentingsertifikaat: Hepatitis A- en B- en tetanus-inentings word aanbeveel.
Mediese versekering: Aanbeveel
Voertuigversekering: Koop derdepartyversekering by die grens: ZK112 000 (±R170) vir ’n voertuig en ZK50 000 (±R75) vir ’n sleepwa, tensy jy Comesa of SAOG-dekking het.
Voertuigregistrasiedokumente: Ja
Toestemmingsbriewe: Om ’n voertuig in die land te bring, moet jy ’n tydelike invoerpermit (TIP) koop of afhangende van die land van oorsprong ’n CPD. ’n CPD is nie verpligtend nie, maar word aanbeveel as die voertuig langer as drie maande in Zambië gaan wees. Jou voertuig moet polisieklaring hê (kry dit by ’n polisiekantoor).

By die grenspos

Koste: Die koolstofbelasting hang af van die grootte van jou enjin: 2001-3000cc: R230; 3001cc en groter: R300; raadsheffing van R50 per voertuig; padbelasting $20 (betaalbaar in dollar); by die Kazungula-grenspos is ’n heffing van R7 vir ’n motor en R15 vir ’n 4x4 betaalbaar asook ’n pontfooi van R180 (ligte voertuie) of R210 (middelslagvoertuie); ander pontfooie is sowat $20 (en goedkoper as jy in dollar betaal); as jy van Tanzanië tot in Zambië ry, moet jy padbelasting van R7 betaal; as jy die land verlaat, moet jy ’n karheffing van R10 betaal.
Toerusting: Twee nooddriehoeke (van metaal) en weerkaatsplakkers (twee wit reghoekige stroke links en regs op die voorbuffer en twee rooi vierkantige stroke op die agterbuffer); as jy jerrykanne met brandstof saam met jou ry, is ’n brandblusser verpligtend.
ZA-plakker: Nee, maar as jy deur Botswana na Zambië ry, gaan jy wel een nodig hê.
Wat mag ek invat? 400 sigarette of 450g tabak; 2,5 liter bier, wyn of hardehout; 30ml parfuum
Wat nog? Vuurwapens word beperk
Grenspostye: Victoria Falls 06.00-22.00; Kariba 06.00-20.00; die meeste ander grensposte 06.00-18.00


Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011

 

Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association