Weskus | Woes, leeg en afgeskeep

Die see, veldblomme, diamante, ’n nasionale park, Robey Leibbrandt, Worsie Visser se vakansiekaia, en die eerste skaapboere in Suider-Afrika …
Barnie Louw het gaan kyk hoe staan sake aan een van die laaste onontwikkelde dele van die Weskus.

Paradise Beach. Sunset Estate. Tranquility Place. Benguela Vista. Dís wat ek my eiendomsontwikkelings hier langs die Weskus tussen Lutzville en Hondeklipbaai sal noem.

Nadat ek die seefronterwe uitgemerk, die advertensieborde langs die N7 opgesit en ’n Jurgens staangemaak het as ’n “Sales Office”, sal ek begin om bemarkingsmateriaal te skryf.

Iets soos: “The perfect setting on a stunning part of the West Coast! Amazing 180° views over the cobalt blue Atlantic Ocean.  A tranquil coastline. Natural beauty with pristine sandy beaches. Magnificent flowers in spring. Beautiful and optimal walk to the beach-setting.”

Hoe soetsappig dít ook al mag klink, dis alles 100% waar. Dié deel van die Weskus is inderdaad ’n plek van clichés: ’n ongerepte kuslyn, skilderagtige baaitjies, wit strande, asemrowende sonsondergange, eiesoortige fauna en flora …

Maar wat ek sal verswyg, is dat die naaste dorp omtrent 70 km ver is, die bietjie water hier so brak is jy kan krewe daarin aanhou, die enigste infrastruktuur ’n paar sink-en-hout-kaias en ’n netwerk van spataaragtige tweespoorpaadjies is, prospekteergate die kusgebied soos akneeletsels ontsier, en dat jy boonop ’n 4x4 nodig het om hier te kom.

Ek sal ook nie vertel dat enigiemand wat wil, hier kan kom rondry nie (ook op die strande), en die plek lustig bemors en spore deur die veld trap soos hulle wil.

O ja, en dat ’n deel van dié kusgebied uiteindelik tot nasionale park verklaar gaan word.

Kommentare

Dankie Jolene.

Ons hier by Namaqua Silver Sands Hiking is bly ons kon die 55km stap vir julle net die beste maak!

Julle was 'n wonderlike groep stappers.

Happy Hiking
www.namaquasilversands.co.za

Ek soek asseblief inligting oor kampeerplek (tente) in Koringkorrelbaai asook inligting oor permitte vir die rooikat eko-roete? Help asseblief.

Hey Gerda ons is betrokke by die stap toere daar teen die kus. Ek sal jou kan help met info wat jy benodig. Kyk gerus by www.namaquasilversands.co.za

Dit was so heerlik om hierdie artikel te lees, ons het die einde September 2009 vanaf die Spoegrivier tot by Groenrivier gestap en het die totale prentjie in my kop terwyl ek so lekker lees! Wonderlike ondervinding - alles in die artikel is net so, die ongelooflikste sonsondergange, blomme tot feitlik langs die see, maar ook die suidewind!

Het ook foto's van hoe dit nou lyk by Koringkorrelbaai, Parkeraad het braaiplekke met klipskuilings en ook 'n toilet opgerig. Hulle is ook besig om die duine te hervestig en van die honderde paadjies (soos in die artikel genoem) word toegemaak.

Ons het gestap saam met Wouter en Sonja Jordaan van Garies (Donkie-Stap-Safari) en het 2 aande geslaap by Strandfonteinpunt tussen twee duine vir skuiling teen die wind, en weer 2 aande by Koringkorrelbaai.

Kan dit werklik aanbeveel!

Ek kan ook saam praat oor daai wonderlike deel van die kus. Ons groep vriende het gaan stap saam met Namaqua Silver Sands Hiking. Hulle gasvryheid en kennis rondom die deel van die kus is uitstekend!

Ons het elke oomblik daarvan geniet, van die pragtige blomme tot by die glasies sjampanje met sonsondergange.

Baie dankie vir 'n wonderlike ervaring! Julle maak 'n hike die moeite werd.

Soek meer info oor pad kaart, kampplek, kan ek alleen gaan, ens. Ek wil van die Rigtersveld af tot Lambertsbaai al langs die see (nie op die strand nie) reis in Feb 10.

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association