Uganda | 5 goeie redes om te gaan
Op pad Uganda toe moes Nico en Marianne Roets hard op hulle tande kners om nie van hul doelgerigte reisplan af te wyk nie. Maar 5 weke en 12 000 km later was hulle nie spyt daaroor nie.
Uganda is nie baie hoog op die prioriteitslys van die meeste 4x4-reisigers nie, waarskynlik omdat dit geografies effens ongemaklik “weggesteek” lê agter die Victoriameer, wat dit skei van Oos-Afrika se meer gewilde en bekende bestemmings.
Maar daar is talle goeie redes hoekom Uganda ’n verkenning van minstens drie weke werd is: bedreigde berggorillas, seldsame “boomleeus”, die skaars skoenbekooievaar, ongelooflike natuurskoon, verstommende kratermere, die magtige Nyl, vriendelike mense …
Om hierdie redes het ek en my vrou, Marianne, vooraf besluit om soveel as moontlik tyd in Uganda self deur te bring, en so min as moontlik tyd aan die 12000 km lange reis heen en weer deur Botswana, Zambië en Tanzanië. (Die terugreis wou ons deur Kenia aanpak, maar politieke onstuimigheid het dié planne in die wiele gery.)
Dít het ongelooflik baie selfbeheersing gekos, want op pad daarheen ry jy verby soveel landskappe en plekke wat om aandag skreeu – soms moet jy letterlik net jou oë toeknyp en ry.
Vir ons was daar hoofsaaklik vyf groot redes om Uganda te besoek: Die berggorillas van Mgahinga en Bwindi, die “boomleeus” van Ishasha, Rwenzori se Mountains of the Moon, die sjimpansees van Kibale en die Murchison Falls.
Inhoudsopgawe:
- Uganda | 5 goeie redes om te gaan
- Bl 1: Die berggorillas van ...
- Bl 3: Die "boomleeus" van ...
- Bl 4: Rwenzori se ...
- Bl 5: Die sjimpansees van ...
- Bl 6: Die Nyl in die ...






Kommentare
Pos nuwe kommentaar