Tankwa-Karoo | Gerugte van reën (en modder)
Die Karoo is nie bekend vir water nie, maar ysreën, modderpaaie, sneeu en vol riviere het Martin Coetzee se rustige langnaweekplanne na Sutherland behoorlik op sy kop gekeer.
As jy in die hartjie van die Kaapse winter iewers heen gaan, kyk jy eers die kat goed uit die boom.
Tot net voor hul vertrek na ’n plaas in die omgewing van Sutherland het Martin Coetzee, sy seun, Marnus, en ’n vriend, Wehahn Geldenhuys, dus die weervoorspelling met ’n valkoog dopgehou. Maar volgens die weerghoeroes was daar nie rede tot kommer nie – daar is wel reën voorspel, maar nie tot by Sutherland nie. En daar was ook nie sprake van sneeu nie.
Een Donderdagoggend vroeg, in die middel van die winter, is hulle houtgerus weg uit die Kaap, terwyl net ’n paar donker wolke swaar in die lug gehang het.
Martin vertel wat verder gebeur het...
Inhoudsopgawe:
- Tankwa-Karoo | Gerugte van reën (en modder)
- Bl 2: DAG 1
- Bl 3: DAG 2
- Bl 4: O die donkies...
- Bl 5: DAG 3 & 4
Soortgelyke stories
Gewilde artikels





Kommentare
Pos nuwe kommentaar