Selous | Wild, afgeleë en ongetem

As jy nog altyd een van die weklik wilde dele van Oos-Afrika wou besoek, is die Selous-wildreservaat in Tanzanië net die plek vir jou, sê Matt Covarr. Geen leërskares en geen haas – net jy en Afrika se grootste wildreservaat.
"Porini, porini!” skree die kinders en beduie terselfdertyd ywerig na twee spore wat in die heuphoogte lang gras verdwyn.
Die Land Rover se dieselenjin is besig om tik-tikkend af te koel voor ’n lendelam houtbrug (skynbaar net breed genoeg vir ’n Model-T Ford) terwyl ek staan en kopkrap oor die aanwysings wat die groepie opgewonde Tanzaniese skoolkinders in die stof voor my geteken het.
Is dít regtig die pad na Afrika se grootste wildreservaat?
’n Ouerige man staan ook nader – hy het seker die verwarring op my gesig gesien. In gebrekkige Engels probeer hy vir my die Swahili-woord verduidelik.
Sy oë rek terwyl hy ook in die rigting van die spore beduie. “Porini, yes … the wild place.”
Die Selous-wildreservaat in Tanzanië is inderdaad wild, net so wild soos karakters soos Frederick Courtenay Selous wat daardeur aangetrek is.
Om daar te kom is ook taamlik "porini" − waarskynlik die rede waarom net ’n handjievol mense kan sê hulle was al in die reservaat wat glo die grootste konsentrasie olifante, buffels, krokodille, seekoeie en wildehonde in die hele Oos-Afrika het.
Ek het “porini” al in gesprekke gehoor, maar nog nooit werklik verstaan wat dit beteken nie. Wel, ek was op die punt om uit te vind. …
Inhoudsopgawe:
- Selous | Wild, afgeleë en ongetem
- Bl 2: Die gramadoelas in
- Bl 3: Diere volg nie...
- Bl 4: Vanuit ’n ander...
- Bl 5: Pad? Watter pad?
- Bl 6: Vinnige feite





Kommentare
Pos nuwe kommentaar