Pin It

Mosambiek Grenspos


Mosambiek

Mosambiek Vlag

Nuttig om te weet

Geldeenheid: Metical (M10 = R2); rand word op party plekke in die suide aanvaar, maar metical word verkies.
Brandstof: Diesel en gelode en ongelode petrol is geredelik beskikbaar naby groot sentra, maar is skaars in afgeleë gebiede.
Malariarisiko: Hoog
Noodnommers: 119 (polisie); 117 (ambulans); 198 (brandweer)
SA konsulaat: Avenida Eduardo Mondlane 41, Caixa Postal 1120, Maputo; 00258 21 49 0059/3030; beampte aan diens na werkure 00258 84 304 4600; sahc@tropical.co.mz
Hoëkommissariaat in SA: 012 401 0300; highcomm@embamoc.co.za
Nog inligting: www.mcli.co.za; www.mozambiquetourism.co.za

Watter dokumente is nodig?

Visum: Nie nodig vir SA besoekers wat minder as 30 dae bly nie
Internasionale rybewys: Dit word aanbeveel, maar is nie verpligtend nie; ’n geldige SA rybewys is voldoende.
Inentingsertifikaat: Ingewandskoors-, hepatitis A-, tetanus- en meningitisinentings word aanbeveel.
Mediese versekering: Ja
Voertuigversekering: Derdepartyversekering is verpligtend (jy kan dit by enige reisagent, die grenspos of die AA koop teen ±R150, geldig vir 30 dae)
Voertuigregistrasiedokumente: Oorspronklike dokumente (of ’n brief van die finansiële instelling as die motor nog nie afbetaal is nie); dis ook raadsaam dat jy ’n brief van jou versekeringsmaatskappy kry wat bevestig dat jy vir die tydperk in die land gedek is, sowel as ’n repatriasiebrief in die geval van ’n ongeluk.
Toestemmingsbriewe: ’n Mosambiekse doeanevorm of tydelike invoerpermit vir jou voertuig en bootsleepwa (± R5-7); ’n voertuigklaringsvorm (vehicle customs clearance form, dis beskikbaar by die grenspos); ’n permit om jou boot te water te laat (beskikbaar van die lodge waar jy bly of ’n amptenaar op die strand).

By die grenspos

Koste: Buiten die derdepartyversekering (±R150 as jy dit nie vooraf koop nie) het jy ook ’n tydelike invoerpermit per voertuig (R5-7) nodig.
Toerusting: ’n Glimbaadjie; ’n stel rooi nooddriehoeke; ’n geel-en-blou Mosambiekse waarskuwingsdriehoek, regs voor op jou voorbuffer (veral as jy na die Tete-korridor gaan); as jy ’n sleepwa trek, het jy twee geel-en-blou Mosambiekse waarskuwingsdriehoeke nodig, regs voor op jou voorbuffer en aan die agterkant van die sleepwa.
ZA-plakker: Ja
Wat mag ek invat? Jy mag goed van tot VSA$50 per persoon inneem, insluitende 400 sigarette, 1 liter hardehout, 2,5 liter wyn en 50ml parfuum (oopgemaak)
Wat nog? Geen dwelms en vuurwapens word toegelaat nie; jy het ’n permit nodig om (troetel)diere in die land te neem.
Grenspostye: Pafuri 08.00-16.00; Ponta do Ouro-Kosibaai 08.00-17.00; Ressano Garcia-Lebombo (Komatipoort) 06.00-24.00 (vanaf omtrent middel-Desember is dit 24 uur oop; dis egter nog nie bevestig nie)


Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011