Malawi Grenspos

Nuttig om te weet
Geldeenheid: Kwacha (MK22 = R1)
Brandstof: Die laaste jaar het die tekort aan en vraag na petrol en diesel groter geword. Mense moet om ’n permit aansoek doen om brandstof te bêre (bv. in ’n jerrykan). Dit kos ±R300 per jaar, en neem tot drie maande om goedgekeur te word. Maak seker jy het genoeg brandstof in jou voertuig.
Malariarisiko: Hoog
Noodnommer: 199
Konsulaat: 3de Verdieping, Kang’ Ombe House, Robert Mugabe-singel, Lilongwe 3; labuschagneg@foreign.gov.za
Konsulaat in SA: 011 234 8577/8; malawicons@mweb.co.za
Nog inligting: 011 803 4919; www.visitmalawi.mw; info@visitmalawi.mw; http://wikitravel.org/en/Malawi
Watter dokumente is nodig?
Visum: Geen visum is nodig vir SA burgers vir ’n tydperk van 30 dae nie.
Internasionale rybewys: Ja, of ’n SAOG-rybewys
Inentingsertifikaat: Hepatitis A-, tetanus- en meningitis-inentings word aanbeveel.
Mediese versekering: Sterk aanbeveel
Voertuigversekering: Derdepartyversekering van sowat MK6000 (±R280) is in Malawi te koop; ’n verwerkingsfooi van R65 word ook in party gevalle gehef.
Voertuigregistrasiedokumente: Ja
Toestemmingsbriewe: ’n Tydelike invoerpermit kan by die grens gekoop word vir MK1500 (± R70), en ’n CPD word aanbeveel; kry ’n polisieklaringsertifikaat van SA (sien www.dfa.gov.za/consular/policeclear.htm).
By die grenspos
Koste: Minstens R265
Toerusting: Twee nooddriehoeke; wit weerkaatsband voor op die voertuig en rooi weerkaatsband agterop die voertuig
ZA-plakker: Ja
Wat mag ek invat? 200 sigarette of 225g tabak in enige vorm; 1 liter hardehout, 1 liter bier en 1 liter wyn; ’n redelike hoeveelheid gebruiksgoedere vir jou onmiddellike behoeftes.
Wat nog? Vuurwapens word beperk, tensy jy toestemming daarvoor het.
Grenspostye: Die belangrikste grensposte is oop van 06.00-18.00; Dedza-Ulongwe en Mulanje-Milange 08.00-16.00

Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011






