Grootrivierroete | Die Baviaanskloof se B-veld
As jy dink jy’s nie taai genoeg vir die Baviaanskloof nie, probeer dan die minder baldadige Grootrivierroete. Dis ’n lekker rustige alternatief, maar grondpadry op sy beste, sê Liesl Hattingh.
Die meeste mense het al van die Baviaanskloof gehoor: ’n afgesonderde wildernisgebied in die Oos-Kaap, wêreldklasnatuurskoon en ’n legio stories van vasval en suutjiesry – ’n plek wat veldryers van opgewondenheid laat kwyl.
Maar ken jy die Baviaanskloof se makker kleinboet, die Grootrivierroete tussen Willowmore en Patensie? Hmm, nie so gedink nie.
Dié roete, wat parallel met die Baviaanskloof loop aan die Karoo-kant (noord) van die Baviaanskloofberg, kronkel al langs die Grootrivier en is ’n lekker grondpad-alternatief vir die Baviaanskloof. En as jy genoeg tyd het, kan dit selfs die ander helfte van ’n uitdagende sirkelroete wees.
Van Willowmore af loop dié roete vir 97 km op goeie grondpad tot by Steytlerville en daarvandaan deur die Grootrivierpoort, waar die Baviaanskloof- en die Groot-Winterhoekberg koppe stamp.
En solank dit nie gerëen het nie, het jy nie eens ’n 4x4 nodig nie – net ’n voertuig met goeie grondvryhoogte.
As jy haastig is, kan jy die roete van 216 km binne ’n dag kafdraf, maar hoekom sou jy wou? Daar is soveel om te sien en te doen langs die pad dat ’n naweek skaars genoeg is.
Selfs as jy dit soos ek vrou-alleen aanpak, is dit nie ’n probleem nie. Haal net diep asem, soos ’n mens net in die Karoo se ooptes kan. En weg is jy.
Inhoudsopgawe:
- Grootrivierroete | Die Baviaanskloof se B-veld
- Bl 2: Willowmore na ...
- Bl 3: Steytlerville
- Bl 4: Steytlerville na ...
- Bl 5: Vinnige feite
Soortgelyke stories
Gewilde artikels





Kommentare
Pos nuwe kommentaar