Angola Grenspos Wenke

Angola Grenspos

Nuttig om te weet

Geldeenheid: Kwanza (Kz100 = R7,50)
Brandstof: In teenstelling met die situasie van die verlede is ongelode petrol en diesel beskikbaar deur die land. Vulstasies is goed toegerus en elke dorp het nou petrol en diesel, of minstens diesel. Van die nuwe vulstasies het ook loodvervangingspetrol.
Malariarisiko: Matig tot hoog
Noodnommers: 110 (polisie); 118 (ambulans)
SA ambassade: Edificio Maianga 1º e 2º Andar, Rua Kwame Nkrumah 31, Largo da Maianga, Luanda; www.sambangola.info
Konsulaat in SA: 011 622 6025; 021 425 8700 (Begin vroegtydig met jou visumaansoek; die proses is tydrowend.)
Nog inligting: Inligting oor Angola op die internet is skraps; kyk op 4x4-forums vir die beste persoonlike raad.

Watter dokumente is nodig?

Visum: Ja (nie nodig vir Namibiese burgers nie)
Internasionale rybewys: Ja, of ’n SAOG-rybewys
Inentingsertifikaat: Inentings teen geelkoors en cholera is verpligtend; ingewandskoors-, hepatitis A-, tetanus- en polio-inentings word aanbeveel.
Mediese versekering: Sterk aanbeveel
Voertuigversekering: ’n Versekeringsertifikaat is verpligtend (neem voertuigversekering uit wat Angola en 4x4-roetes dek).
Voertuigregistrasiedokumente: Oorspronklike dokumente sowel as gesertifiseerde afskrifte (ook die  registrasiepapier waaruit jy die skyfie knip). Jy het ’n brief van die bank – met datums – nodig wat jou toestemming gee om die voertuig oor die grens te neem. Die brief van die bank en lisensiedokumente moet deur ’n kommissaris van ede onderteken word. (Maak vooraf seker waar jou voertuig se enjinnommer aangebring is.)
Toestemmingsbriewe: Jy het ’n toestemmingsbrief nodig van die Angolese maatskappy wat jy besoek, met ’n naam en paspoortnommer. Kry ’n polisieklaringsertifikaat van Suid-Afrika (’n polisiekantoor sal jou kan help, of sien www.dfa.gov.za/consular/policeclear.htm). NB: Maak 7-10 afskrifte van alle dokumente en laat dit waarmerk.

By die grenspos

Koste: ’n Padpermit kos sowat Kz3850 (± R290); jy moet derdepartyversekering hê, en jy kan dit aan die grens aan die Namibiese kant koop.
Toerusting: Nooddriehoek; glimbaadjie
ZA-plakker: Ja
Wat mag ek invat? Goed vir persoonlike gebruik, geskenke en aandenkings ter waarde van tot VSA$500,  insluitende 400 sigarette of 500g sigare of ander tabakprodukte; 2 liter wyn en 1 liter hardehout; 250ml eau de toilette of 50ml parfuum. (Grensposbeamptes is toegeeflik oor die hoeveelhede alkohol en sigarette, solank dit duidelik is dat jy nie goedere vervoer om dit te verkoop nie.)
Wat nog? Laat sertifiseer elektroniese toerusting soos (video)kameras by die polisie. Beperkings op vuurwapens en ammunisie, pornografiese materiaal, plante uit besmette gebiede, dobbelmasjiene, suiwer alkohol (self gestook), diere sonder die nodige permitte, gevaarlike medisyne of kos, posstempels of waardevolle items. Moenie vleis terugbring nie; dit gaan in Namibië afgevat word.
Grenspostye: Ruacana, Oshikango, Omanhene en Katwitwi 08.00-18.00 (LW: Angola is ’n uur agter Suid-Afrika.)


Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011

 

Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association