Angola | Goed, beter weste!

Die snelweë is splinternuut en die landmyne so te sê verwyder. Dale Morris sal sy verkenningstog in die parke, woestyne, slagvelde en woelige stede van Angola nooit vergeet nie. In dié eerste van ’n reeks van drie artikels bespreek hy die suidelike sirkelroete.

Angola 1AB

Hier ’n getande wiel wat halfpad bo die grond uitsteek, daar ’n sardientjieblik... elke keer as ek met my graaf veld toe moet gaan, kyk ek dinge soos dié met groot agterdog aan en loop liewer ’n wye draai daarom.

Vir my ongeoefende oog verskil die puin van meer as drie dekades se oorlog nie veel van die plaaslike mense se vullis nie: Álles lyk soos ’n landmyn.

Dis my eerste aand in Angola, en ons konvooi van agt voertuie het afgetrek om in die plat mopanieruigte naby die suidelike dorpie Cahama te kamp. Dis maar ’n bouvallige plek waar tenks halfpad begrawe is en Sowjet-troepedraers verlate langs die pad rondstaan.

“Moenie worry nie,” stel Martin le Roux, ons bebaarde Namibiese gids, ons gerus. Vir drie weke – en 4500km – op Angolese paaie is ons veiligheid sy verantwoordelikheid. “Dié deel is skoongemaak. Kyk, daar’s mense en koeie daar oorkant.”

Ja, daar staan hulle, en nie een van hulle kort ’n ledemaat nie.

Angola 1D

Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association