Angola se eerste been: die suidelike sirkelroete

Fotos deur: 
Dale Morris

Soveel briljante foto’s, so min plek!

Die snelweë is splinternuut en die landmyne so te sê verwyder. Dale Morris sal sy verkenningstog in die parke, woestyne, slagvelde en woelige stede van Angola nooit vergeet nie.

Dié fotojoernalis het op sy reis na Angola ’n hele klomp ongelooflike foto’s geneem wat ons nie kon publiseer nie. Nou spog hulle hier!

Hier moet mens uiters goed voorbereid wees om verder suid deur die Iona Nasionale Park te reis.
Martin, ons Namibiese gids, neem ons al langs 'n netwerk van sanderige tweespoorpaadjies oor 'n plat landskap van mopaniewoude.
Stormwolke pak saam soos ons stadig deur die pragtige mopaniewoud ry.
Tekens van die konflik kan oral in Angola gevind word.
Hier naby Cahama gaan kyk ons na 'n Kubaanse basis wat verwoes is - dis besaai met bomdoppe en verlate grofgeskut.
Dis 'n hartseer, ellendige plek wat erg afgeskeep word.
Ons draai af op 'n baie rowwe grondpad wat besaai is met slaggate wat vol reënwater geloop het.
Die November-reëns het al begin val, vertel Martin terwyl ons versigtig deur 'n paar modderige moerasse ry.
Met sy Garmin en sy kennis oor die land kry Martin ons veilig oor al die moerasse en lendelam bruggies.
Op 'n paar kleiner paaie soos dié een naby die Hunguera-waterval sal jy moet kophou.
By die Hunguera-waterval tuimel 'n dramatiese watergordyn oor die lip van 'n loodregte berg af.
Dié brug naby Humpata het die groep se senuwees beproef.
Die res van die rit van 30 km na die dorp Humpata op die hooglandplato, is... wel, interessant.
Bo Lubango staan die massiewe Cristo Rei met sy arms wyd uitgestrek.
Cascata da Huila, 'n waterval in die Huila provinsie van Angola.
In die middel van ruigte plantegroei vorm die Cascata da Huila 'n natuurlike waterpoel in die rotswande.
Dié naamlose, maar pragtige waterval het die groep op pad na Tundavale raakgeloop.
Die dramatiese uitkykpunt, Tundavala waar loodregte kranse meer as 1000 m afduik na 'n grasgroen vlakte.
In die burgeroorlog is baie mense hier afgegooi, vertel Marin terwyl ons benoud oor die rand loer.
Die steilte van die afgrond is genoeg om jou tone te laat prikkel.
Die indrukwekkende Lebapas verbind die Angolese hoogland naby die stad Lubango met die droë suidweste.
Die geplaveide pad bestaan uit 'n hele klomp haarnaald- en ander skerp draaie.
Lebapas se skerp draaie vat jou reguit by 'n enorme rotswand af voordat jy weer deur die steil voetheuwels kronkel.
Die snelweg loop deur die dorre laeland tot by die kusstad Namibe, sowat 160 km wes van Lubango.
Ons kruip vir 25 km op sandspore wat al diep uitgery is tot by Flamingo Lodge.
Die hengelplekke van Flamingo Lodge is 'n bekende plek vir sporthengel.
Flamingo Lodge aan die Angolese weskus is geleë in die middel van 'n onbewoonde kusstrook van 70 km.
Flamingo Lodge is miskien 'n bekende sporthengelplek, maar 'n vangs is nie gewaarborg nie.
'n Bouvallige gebou wes van die pad tussen Namibe en Tombua, suid van die afdraai na Flamingo.
'n Eensame visserman op die pragtige varswatermeer Lake Arco.
'n Ongelooflike trekpleister vir Angola, die Arco-eiland is 'n weggesteekte juweel.
Reg in die middel van 'n dorre maanlandskap lê Lake Arco, 'n pragtige tropiese oase.
Die Iona Nasionale Park in die suide van Angola is die land se grootste en oudste nasionale park.
Die silwerjakkals bewoon meestal oop vlaktes, van grasvlaktes met verspreide ruigtes tot halfwoestynagtige bossiesveld.
Ons ry oor 'n dorre sandvlakte voordat ons op die strand stilhou.
Die begin van die berugte Doodsakker na die Kuneneriviermonding toe.
Ons ry verby wrakke van vissersbote en skepe, voordat rooi-en-swart gestreepte duine links van ons begin opdoem.
Die duine beteken dat ons op geen manier kan wegkom van die see af nie.
Hier moet jou tydsberekening met die getye reg wees, anders is dit bokveld toe met jou.
Ons ry verby soutmoerasse waar flaminke deur die vlak water loop, met duine op die agtergrond wat meer na berge lyk.
Die branders begin lek aan die voet van die 60 m hoë duine.
Daardie aand, ná nog 35 km op die strand, slaan ons kamp op in die woestyn, naby die see.
Die volgende dag hou ons 'n lekker strandpartytjie nadat van die lede van die groep vis uit die water gehaal het.
Ná die toer was ons effens onrustig toe ons agtergekom het dis onwettig om in die park te hengel.
Die bebaarde Namibiese gids, Martin le Roux, lyk tuis saam met die welwitschias in die veld.
Ons ry oor uitgestrekte sandvlaktes, waar bestuurders voor ons al hul wielspore kom los het.
Hierdie besondere mooi plek kan in gevaar wees tensy toeriste op die gevestigde spore hou.
Angola het vele verrassings vir diegene wat die land nie ken nie.
Tussen dramatiese dorre berge stoot enorme welwitschias tussen doringbome en ander vetplante uit die grond uit.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association