See, sand en moeilikheid

Af en toe oorskat ’n bestuurder sy eie vermoëns én die van sy voertuig. Hier’s wat dan gebeur...

Die vissersboot Amber Rose met ’n vol vrag tuna aan boord het einde Maart in digte mis op Langstrand naby Kommetjie, Kaapstad, gestrand.

WR13_DO31 Oeps 1

Die polisie se Land Cruiser op pad na die gestrande vistreiler het ook  “gestrand” – in die sagte sand. Eers is probeer om die Cruiser se noodwiel in die sand as anker te begrawe en die wen-as te gebruik om die Cruiser uit sy penarie te red, maar dit het nie gewerk nie.

WR13_DO31 Oeps 3

Na heelwat vergeefse grawery het ’n ander Cruiser die gestrande Cruiser uitgekry. Op die foto hieronder grawe die polisie en helpers die noodwiel uit die sand.

WR13_DO31 Oeps 2

Die 12 meter lange Amber Rose was egter minder gelukkig. Die skade aan die treiler was rondom R1 miljoen, en die eienaars het besluit om dit eerder op te breek en van die strand te verwyder.

Soos vertel deur Fanus Nell van Kaapstad

Kommentare

Plaas hulle met 'n Landy gery het dan sou hulle nie vas geval het nie

Moes in die eerste plek nie daar gewees het nie.

Dit is altyd hartseer as 'n seetuig strand. Skade vir die eienaars, en skade aan die omgewing. Ons amateur fotonemers geniet gewoonlik die skade van ander teen 'n sononder of sonopkoms.

 

Wat die Cruiser betref het die bertuurder nou lekker verniet skoolgeld betaal. Dis mos maar wat gebeur as jy nie weet van bande afblaas, en weet om die water te vermei nie.

 

Gelukkig is ons land vol samaritane wat gretig is om te help.

 

 

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association