Af en toe oorskat ’n bestuurder sy eie vermoëns én die van sy voertuig. Hier is wat dan gebeur...

Die Durbanville Landbou-vereniging bied elke jaar in September-Oktober ’n 4x4-dag aan waartydens deelnemers ’n roete van sowat 40 km ry oor wyn- en koringplase in die Durbanville-gebied. Meer as 100 voertuie het verlede jaar deelgeneem.
Omdat dit meer ’n gesinsdag as ’n hardebaard-4x4-roete is, het van die deelnemers – soos dié twee manne in die Disco – ’n bietjie ekstra opwinding gesoek.
Die eintlike roete is op die plaaspad links verby die modderpoel, maar hulle het besluit die vlak modderpoel op die land lyk na ’n lekker speelplek wat net te goed is om mis te ry. Min het hulle geweet dié poel is niemand se speelmaat nie...
Gelukkig was dié besproeiingstrekker (en ’n paar geamuseerde omstanders) byderhand om hulle uit die poel te trek.
Dit het gebeur met Theo Coetzee van Belville.




Kyk hoe ry daai Toyota weg, hy is al gatvol om Land Rovers te "recover"