Oeps | Dit kom van partytjie hou…

Oeps!

Af en toe maak ’n bestuurder onder druk die verkeerde besluit. Hier’s wat dan kan gebeur…

Ná ’n partytjienaweek naby Benoni het ons een Sondagoggend besluit om met quad-fietse by ’n baan in die Witfontein-omgewing te gaan speel. Dit sou ons ook help om wakker te bly – ons was nogal uitgeput.

Ons was ses en ná ’n paar laaste verstellings is ons daar weg met twee quads en ’n ou Land Cruiser-plaasbakkie. Ek het die bakkie bestuur en die eienaar van die Cruiser was op een van die motorfietse. 

Ek het die motorfietse oor die hindernisse gevolg. Die eienaar was bang ek beskadig die Cruiser, en hy wou my nie my eie roete laat volg nie. Hy het net gesê: “Volg my!”
Na ons ’n rukkie op die baan gespeel het, het ons die 4x4-gebied gaan verken. En dis waar die moeilikheid begin het... 

Daar was ’n hoop sand wat te steil was vir die bakkie en ek moes toe noodgedwonge om dit ry. In my pad was ’n plaat modder waaroor ek toe stap om te toets of ek kan oorry. Behalwe ’n paar poeletjies het dit stewig genoeg gelyk. Laestrek-tweederat-voet-in-die-hoek!

Die Cruiser het soos ’n klip gesink en kon nêrens heen gaan nie. 

Dit blyk toe dat dit ’n sloot was wat onlangs toegegooi is en nog nie gekompakteer is nie – en die watertafel was vlak onder die oppervlak. 

Vier uur en drie gebreekte sleeptoue later is ons uiteindelik daar uit. 

PIETER SMUTS, Randfontein

Kommentare

Vier uur en drie gebreekte sleeptoue later is ons uiteindelik daar uit......LOL!! lekka jhulle!! gooi mielies!!

Besoeker 8:22 Ek stem saam met jou, wel gestel. Besoeker 13:51 Jy se jy't daar rondom Benoni geboer, weet nie of ek jou moet jammer kry, of net moet ignoreer nie. Darem noem jy dat jy "geboer" het, al wat ek kan kan hoop is dat jy nie op n ander plek boer nie.

Brandewyn het nie brieke nie.

Ja ek het op 'n tyd daar in witfontein net buite Benoni geboer en dit was maar elke naweek 'n gesukkel met die dronkgatte op hulle Quad's en 4X4 van my grond af te hou. Hoop jy het toestemming van die grond einaar om op sy grond te wees.

Dit is langs 'n Quad baan, nie op boer se grond nie

Ag toe nou ou grumpy besoeker, as jy ordentlik lees, sal jy sien dat dit wel 'n baan was! As jy nie iets goed te sê het so vroeg in die jaar nie hou eerder jou mond!!!

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association