Nuttige 4x4-wenke vir 'n Namibië-toer
Ingestuur deur Marilize Nel op Vry, 10/07/2011 - 14:56
Hoe meer jy gas gee, hoe dieper sit jy vas.
Die 4x4 wat jy gehuur het is seker ’n plaas se prys werd, dink jy terwyl jy nog ’n bietjie modder spat en die bande dieper begrawe. Swakopmund is so 300 kilo’s ver en jou foon het geen ontvangs nie. Skielik lyk Huisgenoot se blokkiesraaisels nie meer na so ’n belaglike stokperdjie nie…
Namibië is enige 4x4-entoesias se droom, maar jou avontuur kan in ’n nagmerrie ontaard as jy nie voorbereid is nie.
Volgens die Motorvoertuig Ongeluksfonds vir die Namibiese streek, moet bestuurders sorg dat hulle te alle tye genoeg hulpbronne het aangesien bestemmings wyd verspreid lê.
Die fonds het die volgende veiligheidsmaatreëls saamgestel. Druk dit uit en merk elke punt af nog voordat jy die grens na die ou Suidwes oorsteek:
- Leer ken al die tegniese funksies van jou voertuig. As jy ’n 4x4 huur, maak seker dat die verhuringsmaatskappy al die aspekte van jou voertuig aan jou verduidelik.
- Moenie die middaghitte en die lang afstande tussen die dorpe onderskat nie – hê altyd genoeg water en versnaperinge by jou en maak elke keer jou tenk vol as jy by ’n petrolstasie stilhou.
- Verminder jou spoed drasties op hobbelrige paaie om te voorkom dat die onderdeel van jou voertuig beskadig word.
- Ry te alle tye met jou ligte aan.
- Voldoen aan die spoedlimiet. Die voorgestelde spoedlimiet vir grondpaaie is 80km/h.
- Moenie deur water ry as jy nie hoef nie.
Lees hier vir nog 4x4-wenke.
Lewer kommentaar
geen





Kommentare