Af en toe oorskat ’n bestuurder sy eie vermoëns én die van sy ryding. Hier is wat dan gebeur...

In November verlede jaar het meer as 30 dubbeldoelmotorfietse saamgery op ’n drie dag lange uitstappie van Moto-Avontuur deur die Baviaanskloof.
Asof die Baviaanskloof se berugte grondpad nie ’n groot genoeg uitdaging was nie, moes ons net anderkant Smitskraal deur ’n reeks driffies ry. Van die ryers het dit stadig en rustig gevat, en sonder stamp of stoot daardeur gekom.
Maar ander, soos Michael Cowley van Bloubergstrand op sy KTM 990, het hom misgis met die diepte van die water en te vinnig probeer deurry.
Soos die foto wys, was die gevolg ’n geplas en gespat van die eerste water. Toe Michael anderkant uitkom, was hy deurnat van kop tot tone. Water het oral uitgestroom – selfs uit sy stewels.
Gelukkig het nie hy of die fiets iets oorgekom nie en kon hy die uitstappie voltooi, al was hy effens klam.
Dit wys jou: driffies is nie daar om te wys hoe goed jy kan ry nie. Behandel hulle met eerder met respek.
Dit het gebeur met Mouton van Zyl van Kaapstad.




Ek het al 'n kort driffie teen 120km/h getref.. Selfde storie: Dis ongelooflik hoe nat mens kan word binne 'n halfsekonde.