Die Serengeti Toer kom uiteindelik daar aan!
Villiers Steyn

Ons het 06h00 vanoggend opgestaan in die bitterkoue en noordwes gery na die hoofbestemming van die Serengeti toer: die Serengeti Nasionale Park.

Net soos ons by die laagleënde area onder die kraterrand aankom sien JI iets wat na hulle toe aangeloop kom.

Dis 'n rooikat (of karakal) en dit lyk verbasend ontspanne. Ons kon na hom staar vir wat gevoel het soos 'n lang tyd en gelukkig kon hulle die foto neem:


Rooikat in die Serengeti

'n Rooikat verrassing op pad na die Serengeti

Kort daarna het ons 'n gevlekte hiëna familie reg langs die pad teëgekom. Een van die volwasse hiënas het baie vol gelyk en die honger kleintjies het haar oral gevolg.

Hiena met 'n lekker vol maag

Iemand is duidelik baie vol

Dis swart so ver soos wat die oog kan sien oor die oop vlaktes.

Wildebeeste op Serengeti vlakte

Ons eerste groot trop wildebeeste

Wildebeeste was nie die enigste diere in oorvloed nie. Ons het afgery na die Ndutumeer en duisende flaminke in die water sien waad.

Ndutu Flaminke

Flaminke in die Ndutumeer

Langs die meer het ons die eerste jagluiperds van die toer gesien - 'n ma en haar twee kleintjies wat aan 'n karkas reg langs die kar.

Jagluiperds langs die pad

Jagluiperds langs die Ndutumeer

Nadat ons kamp opgeslaan het in Seronera se publieke kampplek het ons vir 'n kort wildbesigtigingsrit gegaan. Ons het nog hiënas, olifante en meer as 300 buffels gesien, asook 'n paar pragtige voëls.

Gewone troupant

'n Gewone troupant in die blink middagson

Oh, en as jy gewonder het: JA, die Serengeti is so mooi soos wat dit lyk op TV! Ek het amper begin huil vanmiddag op ons safari toe ek besef dat 'n lewenslange droom van my bewaarheid word...

Tipiese Serengeti Uitsig

Die uitsig naby ons kampplek

Hoogtepunt van die dag:

Villiers: Wildebeeste! Duisende der duisende wildebeeste!! En die rooikat.
JI: Om in die Serengeti te wees.

Laagtepunt van die dag:

Villiers: Die pad tussen Naabi Hill Gate en Seronera.
JI: Dat my meisie, Talita, nie hier is nie.

Volg die avontuur op die Serengeti blog

Kommentare

Vertel bietjie meer oor wat jy gedoen het en wanneer is die beste tyd om te gaan, en hoe gaan mens te werk om dit reg te kry ek wil dit ook graag doen

 

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association