Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Wagon Wheel
Kontak: 
Danie le Roux
Selfoon: 
083 334 8566
Telefoon: 
023 614 2209 | 023 358 1869
Naaste dorp: 
Montagu (45km)
-33.788970, 20.121800
Afstand: 
Altesaam 50km | 5-8 uur
Die roete: 
Wagon Wheel offers four entirely different trail experiences, guaranteeing something for everyone - from soft roaders and 4x2s to serious adrenaline junkies in need of a challenge.The trails cross two farms offering entirely different experiences across and through a variety of different terrains, fauna and flora. The old mule wagon trail forms part of the Wagon Wheel 4x4 trail, hence the name. The terrain is mostly Karoo and mountain with mainly rocky areas. The Ratel Route (the 5 grader) definitely requires two vehicles (with diff-locks) to aid with recovery. In winter, a snatch strap will come in handy. The trail has an incline that becomes quite steep and rocky. A newer section called Plooiberg starts at the viewpoint. It can be tackled by 4x2s going down (which is fairly easy) or provides more of a challenge for 4x4s going up. This section has a truly magnificent view over three valleys. Escape routes are available on all the difficult sections. From Karoo vegetation to fynbos to spectacular mountain views across valleys of a thousand hills. Its beautiful.
Verblyf: 
Options include: A wooden cabin, waboomsberg hut and a fully furnished farmhouse
Kampering: 
Various camp sites availble, with hot water.

101 Roetegids | 2010

Wagon Wheel & Karoo Adventures

Karoo Adventures het waarskynlik die uiteenlopendste klomp 4x4-roetes: Sy Wagon Wheel-4x4-avonture het vier verskillende veldry-ervarings, wat strek oor twee plase met ’n verskeidenheid terreine, fauna en flora.

Die roete, wat loop op die spoor van ou muilwaens (die naam is ook daarvan afgelei) bestaan uit twee dele: Die Karoo-deel en die bergdeel.

Eersgenoemde het een baie taai deel, die duidelik gemerkte Witkruisarendroete, wat jy kan misry as jy wil. Die bergdeel, met ’n gradering van 2-3 en uitsigte oor die Koo- en Keisievallei, begin óf met die Plooibergroete (graad 3) óf met die Bergroete (graad 2).

Plooiberg begin by die uitkykpunt en kan in ’n 4x2 aangepak word as jy dit af ry (dis redelik maklik); maar as jy bergop ry, het jy ’n 4x4 nodig. Die uitsig van bo af maak die rit die moeite werd, en daar is ontsnaproetes op die moeilike dele.

Die Ratelroete is ’n graad 5-roete ... en jy het hare op jou tande hiervoor nodig. Dis steil, baie nou, rotsagtig en skuins met asknopers en vreesaanjaende dele. Moet dit nie alleen aanpak nie ... Jy word ook gewaarsku dat minstens twee voertuie die roete moet aanpak. Dit kan sonder ’n ewenaarslot gery word, maar iemand sal jou deur van die dele moet beduie. Loop ook eers verkieslik deur die moeilike dele.

Laastens is daar die Chicken Run, ’n kort “hindernisbaan” in die middel van die Karoo- en bergdele wat ’n goeie plek is om jou litte los te maak vir die res van die roete. Dit het ’n 4-gradering, en die eienaar, Danie le Roux, gebruik dit om vas te stel of jy mans genoeg is vir die Ratelroete.

Blyplek:
Die plaashuis, Zoutrivier, is op ’n werkende skaapplaas geleë en toeganklik vir alle voertuie. Dis selfsorg en het slaapplek vir 6. Jy kan ook by die Peerboom-kamp langs die Wagon Wheel-roete kampeer. Daar is ’n oornaghut, spoeltoilet en warm stort. Dit het slaapplek vir 4 mense, en daar is plek vir vyf voertuie en tente. Veepos, ook op die Wagon Wheel-roete, het ’n toilet, warm stort en plek vir twintig voertuie en tente. Vir ’n egte boservaring kan jy by Kareekloof langs die Karoo-deel kampeer. Dis afgeleë en jy moet heeltemal selfversorgend wees.

Wat nog?
Bergfietsry, perdry, en vierwielmotorfiets- en veldmotorfietsuitstappies. Daar is boesmangrafte, sowel as ’n uitstalling van veldimplemente wat op die plaas gevind is. Kinders sal die avontuurspeelterrein geniet.

Wat jy moet weet

Kontak: Danie le Roux
083 334 8566;
023 614 2209;
023 358 1869;
info@karooadventures.co.za;
www.karooadventures.co.za

Naaste dorp: Montagu (45 km)

Beste tyd om te gaan: Heeljaar. Die roete is gesluit ná swaar reën; bel dus vooraf.

Roeteafstand: Altesaam 50 km

Hoe lank gaan ek ry? 5-8 uur

GPS: S33.63808 E19.91152


3-4AccommodationCampingEnvironment practices in placeLR essentialQuads welcomeSelf drive/no guide necesaryShade on trailSwimming

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association