Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Matroosberg-natuurreservaat
2005
Kontak: 
Didi en Waldo
Selfoon: 
079 502 7382 | 082 453 9841
Telefoon: 
023 312 2282
Naaste dorp: 
Ceres (35km)
-33.354950, 19.637790
Afstand: 
Altesaam 30km | 6 uur
Omgewing: 
The Matroosberg Private Nature Reserve comprises 1 000 ha of pristine mountain park.
Die roete: 
The main trail has an average degree of difficulty and takes you all the way up to the Peak, overlooking the Groothoekkloof Canyon. The more challenging, secondary 7-km circular route at the top of the mountain is well worth the detour. There is an escape route. Full review to follow.
Verblyf: 
There are three options: camp in your own tent in a heavily shaded grove (flushing toilets and hot water), the six-bedded Goatherd's cottage, or the basic ski hut, with hot showers, toilet, and utensils. View the options at www.matroosberg.co.za
Kampering: 
View the options at www.matroosberg.co.za

101 Roetegids | 2010

Matroosberg-4x4-roete

Die private Matroosberg-natuurreservaat op die plaas Erfdeel is 35 km van Ceres af geleë. In dié ongerepte bergpark van 1 000 ha is ’n hele klomp roetes waaruit jy kan kies. Met elke seisoen verander die reservaat ingrypend. In die winter is dit ’n wit sneeulandskap; die 4x4-roete is dan werklik ’n eiesoortige ervaring. Die hoofroete se moeilikheidsgraad is matig en neem jou tot 2 240 m bo seevlak.
Die draaipunt is by die Matroosbergpiek, die hoogste in die Boland (2 249 m), waarvandaan jy op die Groothoekkloof-canyon kan uitkyk. Dit lok skiërs, sneeuplankryers, stappers, bergfietsryers en selfs mense wat op perde deur die sneeu ry, en dis veral gewild net ná die eerste wintersneeu.
Mense sonder 4x4’s is ook welkom aangesien drie Bedford-vragmotors wat voorheen in die weermag gebruik is (nou het dit sagte sitplekke), elke dag teen die berg op ry. Die sekondêre roete is ’n meer uitdagende 7 km-sirkelroete op die kruin van die berg wat verby indrukwekkende rotsformasies loop. Daar is ontsnaproetes by die moeilike dele, en daarom kan onervare bestuurders dit ook aanpak.
Daar is ook ’n 4x2-roete tot by rotspoele waar jy in die somer kan swem, ’n uitdagende 4x4-roete langs die rivierbedding en ’n 4x4-oefenbaan (’n hindernisbaan). Jy het permitte nodig om hier te ry, en dis by die reservaat beskikbaar. Dis nie nodig om vooraf te bespreek nie, maar begin verkieslik teen dagbreek ry.
Laat ses uur toe vir die rit, en minstens nog ’n uur om die panoramas van die verskillende uitkykpunte te waardeer. Die algehele afstand van die roetes is 30 km. Kampering langs die roete word toegelaat

Wat jy moet weet

Blyplek:
Jy kan jou tent in ’n skaduryke bos op die oewer van die Spekrivier opslaan (spoeltoilette en warm water is beskikbaar), in die 100 jaar oue Skaapwagterskothuis met ses beddens slaap of in een van die nege BZN’s bly – dis slaapsaalverblyf met stapelbeddens. In Joan se Huis of die basiese skihut is daar warm storte, ’n toilet en eetgerei. Daar is ook vyf Lakeside-huise met slaapplek vir 8 in elk. Besoek die webblad onder vir meer inligting.

Wat nog?
Vierwielmotorfietsry, sneeubordry, ysklim, hengel, abseil, waterski, bergfietsry, voetslaan, kloofing, perdry, kersies pluk, teikenskiet, verfbal en vryval.

Kontak:
Didi en Waldo 
023 312 2282;
082 453 9841;
079 502 7382 (Waldo);
info@matroosberg.com;
www.matroosberg.com

Naaste dorp: Ceres (35 km)    Beste tyd om te gaan: Heeljaar, maar die sneeu in die winter is besonders.

Roeteafstand: Altesaam 30 km

Hoe lank gaan ek ry? 6 uur

GPS: S33.33012 E19.61077

 


3-44x2 with DL911AccommodationCampingEnvironment practices in placeGood ground clearanceGPS availableLR essentialRestaurant/food shopSelf drive/no guide necesarySwimming

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association