Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Loch Maree-4x4
Bespreek: DO #17, 2006
Kontak: 
Retha Stadler
Selfoon: 
082 351 1834
Naaste dorp: 
Askham (30km)
-27.116310, 20.498080
Afstand: 
2 roetes: 50, 100km | 4, 8 uur
Omgewing: 
Mention the word Kalahari and the first image that comes to mind is that of magnificent red dunes, peace and tranquiility. Loch Maree 4x4 is situated 30km south-west of Askham in the Northern Cape, and offers the 4x4 enthusiast a choice of two trails. It offers endless red dunes and open spaces of the Kalahari, game viewing, excellent photo opportunities and a variety of ecosystems with varieties of plant life.
Die roete: 
The 50km self-drive trail is well marked and will test your driving skills to the limit as you negotiate your way across the sand dunes. Retha and Fanie are your guides on the 100km trail - available on request only. They show you how to cross the dunes and point out some fascinating plants en route. One of the highlights on this trail must surely be the lunch stop at the Big Red Sand Dune. On your way back you will cross one or two large salt pans, as well as have time to stop and enjoy the view from the top of some larger dunes. The second highlight on this trail is the big climb at the large salt pan, which ends in the game reserve. This is quite difficult and only two people have their name plates at the top of this dune. Although one can spot some springbok, gemsbok and eland while in the dunes, you will see more game closer to camp as you enter the game farm area.
Verblyf: 
Two chalets share showers, toilets, a kitchen and a dining area. Each chalet sleeps 7. A third chalet, boasts 3 extra beds, 2 showers, 2 toilets, a kitchen and dining area. The Family Room at the main house offers more comforts. It sleeps six people and includes dinner, bed & breakfast.
Kampering: 
Camping facilities for 10 vehicles. Campers use ablution and kitchen facilitiy of the third chalet.


101 Roetegids | 2010

Loch Maree

Die Loch Maree-4x4, 30 km suidwes van Askham, het twee roetes: ’n 4 uur lange 50 km-selfryroete en ’n 8 uur lange begeleide roete van 100 km vir groepe van minstens vyf. Die omgewing is veral bekend vir sy eindelose rooi duine, oop ruimtes en wildkykgeleenthede, sowel as sy uiteenlopende plantlewe.
Die 50 km-selfryroete oor die duine is goed gemerk, en is ’n ernstige toets vir jou vaardigheid en vernuf (dis hoofsaaklik sand). As jy die kaart en die humoristiese meerkattekens volg, dan lei die roete jou verby bome met reuseversamelvoëlneste en oor ’n savannevlakte die duine in.
Hoe verder die roete in die duine vorder, hoe meer uitdagend raak dit. En as jy die tekens van die swetende meerkatte begin sien, dan kan jy weet dinge sal begin broekskeur gaan.
Die 100 km-roete moet vooraf bespreek word, en die eienaars, Retha en Fanie Stadler, begelei jou. Hulle sal jou wys hoe om die duine oor te steek en interessante plante en diere langs die roete uitwys. Een van die hoogtepunte is die middagete by die Groot Rooi Sandduin.
Op pad terug sal jy een of twee groot soutpanne oorsteek en bo-op van die groter duine stilhou. Die roete lei uiteindelik uit die duine uit tot aan die rand van ’n groot, verblindende wit soutpan waar die tweede hoogtepunt op jou wag: die “onoorwonne duin” wat jou koggel om dit te probeer.
Nog net twee mense kon dit regkry … Maar gelukkig hoef jy dit nie aan te pak nie. Hoewel jy springbokke, gemsbokke en elande kan sien terwyl jy in die duine ry, sal jy meer wild teëkom as jy die wildplaasgebied binnery – blouwildebeeste, swart springbokke, rooihartbeeste en kameelperde, om ’n paar te noem.
Terug by die basiskamp kan jy in die eienaar se swembad afkoel, ontspan en die eiesoortige Kalahari-sonsondergang bewonder.

Wat jy moet weet

Blyplek:
Daar is ’n gesinsuite by die plaashuis met slaapplek vir 6, selfsorgchalets en kampering. Blyplek in die gesinsuite sluit aandete, bed en ontbyt in. In twee van die chalets kan 7 mense elk slaap, en deel storte, toilette, kombuis en ’n eetplek. Nog ’n chalet het storte, toilette, ’n kombuis en eetplek, en drie ekstra beddens. Daar is kampplek vir tien voertuie, en kampeerders gebruik die ablusie- en kombuisgeriewe van die derde chalet.

Wat nog?
Jag en vierwielmotorfietsry (op toegewysde roetes of in die duine). Die gewilde Kgalagadi-oorgrenspark is 90 km daarvandaan, en kinders sal die San-kultuuraktiwiteite by Andriesvale, net 30 km daarvandaan, geniet.

Kontak:
Retha Stadler
082 351 1834; 
lochmaree@absamail.co.za;
www.openafrica.org

Naaste dorp: Askham (30 km)

Beste tyd om te gaan: Maart-April en Augustus-Oktober

Roeteafstande: 50 km en 100 km

Hoe lank gaan ek ry? 4 uur en 8 uur (begeleide roete)


1-4911AccommodationCampingEnvironment practices in placeGood ground clearanceGPS availableLR essentialQuads welcomeRestaurant/food shopSelf drive/no guide necesarySoft 4x4 welcome. No LRSwimming

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.

Gebruiker stories

Geen gebruiker stories bygelas
 
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association