Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Kopbeenskloof-4x4
Bespreek: WR #19, 2010
Kopbeenskloof-4x4
Kontak: 
Wouter & Elsabe Stemmet
Selfoon: 
082 829 6308 | 072 265 3623
Telefoon: 
023 614 1993
Naaste dorp: 
De Doorns
-33.476540, 19.664790
Afstand: 
2 roetes: 30km | 6 uur
Die roete: 
To drive up to this ridge, looking at the magnificent sandstone rock in the evening light, eroded by wind and weather and the breath-taking panoramic view, is an experience you won't forget in a hurry. We were extremely privileged to be the first vehicle down the challenging track, which Wouter has only recently created in a remote kloof in the surrounding mountains. Full review to follow.
Verblyf: 
Fully equipped, self-catering guesthouse (sleeps 8) with 3 en-suite bathrooms and a fireplace. Two new, fully equipped, self-catering houses sleep six each.
Kampering: 
Camping is available with facilities for 200 vehicles (ablutions and hot water). If you want to rough it, other campsites are available, but with chemical toilets only.

Deur die Vallei van die Kopbeen

Philip Sackville Scott | WR19

’n Nag onder die Karoo-lug en ’n verdwaalde Toyota-eienaar tussen ’n klomp
Land Rovers … Philip Sackville-Scott het dit oorleef (en is bekeer).

Die Kopbeenskloof-4x4-roete (voorheen die Wabooms-4x4-roete) is net 90 minute se ry van Kaapstad af, en hy’s goed vir beginners én deurwinterde ryers.
Dié werkende skaapplaas, met groot dele bergfynbos, is geleë in die Breëriviervallei tussen die Waboomberg en die Nougaheuwels naby Touwsrivier (45 km) en Montagu (57 km).
Kopbeenskloof se eienaars, Wouter en Elsabe Stemmet, voel sterk oor ekobewaring en omgewingsopvoeding. Dis baie duidelik uit die manier waarop hulle die grond bestuur en die klomp omgewingskampe wat Wouter en Elsabe gereeld vir groepe skoolkinders aanbied.
Maar ons is hier om die roete te pak. Kopbeenskloof het twee dele: dit wat Wouter as die “makliker” deel beskryf, en die taaier graad 4-deel …

Die “makliker” deel begin reg oorkant die damwal van die buurplaas Leeuwenboschfontein, waarop die bekende gelyknamige 4x4-roete geleë is.
Jy begin ry op ’n platterige tweespoorplaaspad en klim geleidelik deur ’n paar stroomoorgange. Van die strome is redelik diep en jy sal jou ry moet ken teen die steil hellings in en uit die rivierbeddings.
Hoewel dit stamperig en plek-plek rotsagtig is, is dit ’n aangename graad 2-roete tussen karoobossies en rietveld naby strome met ’n ryk voëllewe.
Hiervandaan kronkel die roete oor ’n droë, sanderige rivierbedding (gelukkig hou duidelike tekens jou hier op koers) en teen ’n steil, rotsagtige opdraand uit.
Dié deel het oorkruisgate, gate en kort trappe, en is ook die begin van die 5 km lange graad 3-deel. Hier is wielplasing belangrik, en jy moet ook jou banddruk verminder.
Namate jy klim, verander die karoobossies in digte bergfynbos.
Sodra jy bo-op die hoogtetjie is, het jy ’n pragtige uitsig oor die opstal, voor jy die maklike helling tot by die beginpunt afry.

Pak die bul by die horings

Toe ons op die plaas aangekom het, is ons gewaarsku om nie die graad 4-afdraand tot in Kopbeenskloof alleen aan te pak nie, maar om te wag vir ’n groep van die Kaapse Land Rover-klub.
Een Land Cruiser tussen ’n twintigtal Landies is omtrent soos om ’n Stormers-ondersteuner op Loftus te wees … (Of dalk andersom… Red.)
Maar ons het geen ou koeie uit die sloot gegrawe nie, en die konvooi was gou in vrede op pad.
Die pad na die suidoostelike hoek van die plaas wissel tussen grond en sand, en slinger in die rigting van Kopbeenskloof.
Sommer aan die begin het ’n steil opdraand die voertuie met beperkte wielspeling getoets. Maar momentum en/of ’n agterste ewenaarslot het almal veilig tot bo-op die plato gebring.
Hier loop die roete ’n ruk lank gelyk voor jy die vreesaanjaende afdraand moet ry. Klim eers uit en kyk na wat voorlê. Iemand sal ook voor moet staan en beduie waar jy jou wiele moet sit.
Die roete raak steiler by ’n skerp haarnaalddraai na links. Jy moet die draai so wyd as moontlik neem sodat jy dit in een slag kan aanpak (dit kan ’n probleem wees om hier agteruit te ry). Ná die draai raak die helling nóg skuinser.
Los rots is in draadhouers saamgepak, en jy gaan ’n kort ent op dié skanskorwe ry. Maak seker jou wiele pas op elke spoor, en dat die skanskorwe nie geskuif het nie.
Dis net 45 m lank, maar dié ent op die skanskorwe moet jy stadig ry en heeltyd konsentreer.
Jy moet die afdraand bitter stadig aanpak, maar Wouter se raad verskil van wat jy gewoonlik hoor. Hy sê dis veiliger om die enjin te laat loop, jou ratkas in neutraal te sit en net rem te trap. Gewoonlik sal jy jou voet van die pedaal haal, dit in eerste, laestrek sit sodat die kompressie jou rem terwyl jy liggies rem trap om die spoed te beheer.
Maar ek het ook al geleer jy stry nie met die baas van die plaas nie – hy weet gewoonlik van beter …
Ná ’n steil trap of twee is die ergste verby.
Jy moet egter nog kophou teen die res van die afdraand teen ’n lelike helling. Om die waarheid te sê, die syhelling is so steil dat die insittendes na al wat ’n ding is sal gryp – handvatsels, sitplekgordels, kopstutte en selfs mekaar – en die eerste paar meter sal asem ophou.
Maar alle bangmaakstories op ’n stokkie: Eintlik het jy net respek nodig vir Kopbeenskloof. As jy kophou, dinge stadig vat en die suiwer plaaslug diep inasem, hoef jy nie bekommerd te wees nie.
In dieselfde asem moet ek sê goeie grondvryhoogte en laestrek op dié deel is ononderhandelbaar.

Gaan lê jou kop neer …

Sodra jy onder in die vallei is, moet jy nog ’n uitdagende opdraand tot op die plato ry, en dan kan jy teen dieselfde pad waarmee jy ingekom het na die plaasopstal terugry.
As jy minder ervaring het of as jou voertuig nie gehard genoeg is nie, kan jy ’n ontsnaproete neem by die graad 4-afdraand – ’n baie makliker manier om tot by die oornagplek te kom.
Blyplek op Kopbeenskloof wissel van ’n gastehuis, ’n kothuis en houtrondawels tot kampering (ook vir karavane). Die kampplek se staanplekke lê teen ’n effense skuinste in die skadu van ’n bloekombos, en het ruim plek vir sowat 20 voertuie.
Die hoofgastehuis is sowat 3 km van die plaashuis af, en het slaapplek vir nege mense. Die K’roo Huis is ’n klipgooi van die plaashuis, en was oorspronklik ’n skaapwagtershuis. Omdat daar heelwat antieke meubels en houtwerkgereedskap daarin is, word dit ook die “museumkothuis” genoem. Dit het slaapplek vir twee mense, paraffienligte, ’n binnebraai en ’n donkie vir warm water, iets waarvoor jy jou sterre sal dank as dit in die winter sneeu. (Tans word nog kothuise gebou.)
Dis beslis iets om oor huis toe te skryf.
Ek is nou ’n bekeerde – as dit nie vir Landies is nie, beslis vir hul eienaars, wat ná ’n aand van gekskeerdery om die vuur gewys het hulle is manne uit een stuk. 
Maar ek weet steeds nie hoekom hulle 27 MHz CB’s gebruik nie … Hulle bly maar vol draadwerk.

WegRy sê:  Dis ’n roete wat jy beslis as ’n daguitstappie kan oorweeg. En as al die blyplek op die plaas volbespreek is, kan jy altyd by die buurplaas intrek.

Wat jy moet weet

HOEKOM MOET EK GAAN?

Buiten die 4x4-roete is daar uitkykplekke, heelwat geleenthede om foto’s te neem, hengel, voetslaan en bergfietsry.

OP DIE ROETE

Hoe lank is die roete? 36,5 km
Hoe lank gaan ek ry?
6-7 uur
Maksimum aantal voertuie?
Minstens 2 en hoogstens 25
Kry ek ’n kaart?
Ja, dis op Tracks4Africa.
Gaan my kar gekrap word?
Heel waarskynlik
Moet ek my treeplanke afhaal?
Ja
Moet ek ’n kompressor neem?
Ja
Kan ek halfpad omdraai?
Ja, daar is ’n hele paar plekke waar jy kan afdraai en die moeilike dele kan misry.
Kan ek op die roete braai?

Nee, maar as jy die langer, makliker roete in die oggend ry, kan jy die middag terug wees by die kamp en die korter, graad 4-roete in die middag ry.

OM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan?
Heeljaar, maar verkieslik in die warmer maande omdat dit soms in die winter op Matroosberg sneeu.
Kan ek my gesin vat?
Beslis
Net vir die dag of die naweek?
Minstens ’n naweek
Is daar ablusiegeriewe vir dagbesoekers?
Ja, ook braaiplekke.
Kan ek wild sien?
Net klein wild wat natuurlik voorkom.
Die naaste dorp?
Touwsrivier (45 km)
Hoe kom ek daar?

Vat die R318-afrit van die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier. Draai 27 km later na links op die Nougaspoort-grondpad en hou sowat 5 km aan tot jy by Kopbeenskloof se plaashek kom.
As jy van Montagu af ry, vat die R318 in die rigting van die N1 en hou sowat 50 km aan tot by die afdraai na regs op die Nougaspoort-grondpad. Sowat 5 km later sal jy by die plaashek kom.
Die naaste brandstof?
Touwsrivier (45 km), Montagu (57 km)

BLYPLEK?

Jy kan kamp, in ’n houtrondawel bly of een van die twee gastehuise huur, met slaapplek vir onderskeidelik 9 en 2 mense. By die gastehuise word beddegoed en handdoeke voorsien.

WAT NOG?

Wat moet ek spesiaal pak? ’n Warm baadjie
Wat kan ek nog daar doen?
Foto’s neem, voëls kyk, stap, bergklim en die plaaslewe ervaar.

KOSTE?

Roete: R150 per voertuig
Blyplek:

Kampering (R40 p.p.p.n.);
houtrondawels (R40 p.p.p.n.);
gastehuis (R130 p.p.p.n.);
K’roo Huis (R100 p.p.p.n.).

KONTAK?

Wouter or Elsabe Stemmet 
023 614 1993,
082 829 6308; 
wstemmet@vodamail.co.za

HOE KOM EK DAAR?

GPS: S33.58638 E19.92807



FULL REVIEW | DO14 2006
| Richard van Ryneveld

Nearest town
De Doorns, Touws Rivier or Montagu (all 60km)
Contact Wouter and Elsabé Stemmet
Tel 023 614 1993,
Cell
Elsabé 072 265 3623 or 
Wouter 082 829 6308
Best time of year All year (cold in July and August)
Maximum vehicles 20–25
Route distance 2 Trails (5–6 hours)

Kopbeenskloof (formerly known as Ribbok 4x4) is a  circular trail and this is what I love about off-roading – the secrets that you will only discover only by driving off the beaten track.

To drive up to this ridge, looking at the magnificent sandstone rock in the evening light, eroded by wind and weather and the breath-taking panoramic view, is an experience you won’t forget in a hurry. 

We were extremely privileged to be the first vehicle down the challenging track, which Wouter  has only recently created in a remote kloof in the mountains. 

One section that will seriously increase your heart rate was built by hand – I saw the descent and cannot wait to get back to drive it. (It was not yet complete at time of visit.)

Kopbeenskloof is a typical mountain trail, with sand in places. The first 30km, with some technical sections, has a difficulty rating of 2–3. A diff-lock is recommended. The more challenging, newly built section (with escape routes) has a rating of 4–5. For a true adrenalin rush, try this section in the opposite direction as well.

The accommodation is really great and Wouter and Elsabé often caters for those who want a complete break from the chores of everyday life.

Kopbeenskloof is a magical spot for a wedding with a difference or a great birthday bash.

There is also a traditional ‘Klein Karoo’ house called Karoo Huisie that is a honeymoon couple’s dream. Bigger groups can be accommodated in a big shed near the farmhouse.

WHY I LOVED IT
“I loved this trail because of the stunning scenery, the hospitality and friendliness of Wouter and Elsabé.” Richard van Ryneveld

WHERE TO STAY
Accommodation:
Fully equipped, self-catering guesthouse (sleeps 8) with 3 en-suite bathrooms and a fireplace.
Two new, fully equipped, self-catering houses sleep six each.
Camping:
Camping for 200 vehicles with ablutions and hot water.
If you want to rough it, other campsites are available, with chemical toilets only.

WHAT ELSE
The plant life here alone is worth the visit. Wouter allows each vehicle to pick a bunch of proteas to take home.
A dam nearby is ideal for swimming. Fishermen can try their luck with the carp. In season, pick your own waterblommetjies for a potjie. 
Wouter has learned the skill of how to dress the hard sandstone, and the beautiful dressed sandstone surrounding the braai area at Lulu’s is a testament to his skill.

SPECIALIST PACKING
A good map, binoculars, a camera and plenty of film.
Also sun block, a hat, spade, tyre repair kit, compressor, a cooler box and picnic basket  –  there are many wonderful places to stop.  Bring your own wood

THE COST
Trail R150 pv.
Guesthouse R120 pp.
Houses R60 pp.
Big Store dormitory and camping R40 pp.
Rates for clubs or big groups on request.

WHY GO THERE

  • Comfortable and private accommodation
  • Excellent Karoo hospitality
  • Beautiful views and pristine veld
  • Peace and quiet – ideal to relax from the stress of the city

Take a look at this video of the Kopbeenskloof trail:

 

 


 

 

 

2-4911AccommodationEnvironment practices in placeFuel nearbyGood ground clearanceLR essentialQuads welcomeRestaurant/food shopSelf drive/no guide necesarySwimming

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.

Gebruiker stories

Geen gebruiker stories bygelas
 
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association