LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Kliphuiskloof-4x4-roete
Bespreek: WR #13, 2009
KLOU, CRUISER, KLOU. Nou draaie en klipperige steiltes op die Kliphuiskloofroete is uitdagend, om die minste te sê.
Kontak: 
Ferdi Kotze
Selfoon: 
073 062 4959
Telefoon: 
027 341 2131
Naaste dorp: 
Calvinia (120km), Ceres (150km), Clanwilliam (145km)
0.000000, 0.000000
Afstand: 
58.6km | Minstens 6 uur
Hoe kom ek daar: 
Take the R355 from Ceres and turn left at the Elandsvlei turnoff.
Omgewing: 
If you think there is nothing but vlaktes between Ceres and Calvinia, you're wrong. The Kliphuiskloof 4x4 Trail runs straight through those vlaktes and it's anything but flat. From the Doring River canyons to Agterfontein se Kloof the Kliphuiskloof trail traverses some of the roughest, rockiest terrain in the Northern Cape. Akin to a mini Grand Canyon, it offers great koppie- and mountain-driving opportunities.
Die roete: 
Situated on the old Elandsvlei farm, the Kliphuiskloof trail is a rough circular trail of some 60 km that will take you at least six hours to complete. It can be driven as a one-way to exit on the road that connects to the R355 to Calvinia. The trail snakes over land that is moulded around the Tankwa and Tra-tra rivers that flow into the Doring River on Elandsvlei.
Verblyf: 
The Koeskap, Tra-tra House and Cobus se Gat cottages on Elandsvlei are being renovated and should reopen in June 2009.
Kampering: 
For the more adventurous, there's camping in numerous places along the river.

101 Roetegids | 2010

Kliphuiskloof-4x4-roete

As jy dink daar is niks anders as vlaktes tussen Ceres en Calvinia nie, is jy verkeerd. Die Kliphuiskloof-4x4-roete loop dwarsdeur daardie “vlaktes”, en dis allesbehalwe plat.
Van die Doringrivier-canyons na Agterfonteinskloof loop die Kliphuiskloofroete oor van die rofste, klipperigste terrein in die Noord-Kaap. Dit lyk soos ’n kleiner weergawe van die Grand Canyon – en bied uitstekende rygeleenthede in die koppies en berge.
Kliphuiskloof, geleë op die plaas Elandsvlei, is ’n sirkelroete van nagenoeg 60 km wat jou minstens ses uur lank gaan besig hou. Jy kan dit ook as ’n eenrigtingroete ry, wat jou by die R355 op pad na Calvinia sal uitbring.

Die roete kronkel oor terrein wat gevorm is rondom die loop van die Tankwa- en Tra-tra-rivier, wat op Elandsvlei in die Doringrivier invloei.
Tussen die Elandsvlei-plaashuis en die begin van die roete steek jy die Doring- en Tra-tra-rivier redelik kort na mekaar oor. En daarna volg jy net die tekens tot in die “Wilde Weste”. Aanvanklik is die roete maklik en “sagte-4x4-vriendelik”, en jaag dit die Doringrivier tot waar die rivier in ’n doolhof van canyons en klowe verdwyn.

Net ná die samevloeiing van die Tankwa- en Doringrivier swenk die roete noordwes, in die rigting van die plato. Twintig kilometer later, net ná Karretjies, dui ’n rigtingwyser die begin van nog ’n 4x4-roete aan, die Ou Posroete
Die Kliphuiskloofroete strek verder oos langs ’n oënskynlik eenvoudige afdraai na regs, en daarvandaan verander die ervaring aansienlik. Die nou, klipperige roete kronkel om koppies en duld nie ’n enkele misstap nie. Steil, klipperige en oneweredige afdraandes wil-wil jou aftrek tot op die vloer van die canyon en die stadig lopende Doringrivier doer onder.

Later ry jy oor die rivier op ’n netjies gepakte kliplaagwaterbrug, wat maklik is as die watervlak laag is. Anderkant die rivier klim die roete weer op in die rigting van die plato. Hoewel die klim minder steil is as die afkomslag, moet jy dit nie ligtelik benader nie – ’n goeie navigeerder sal help om jou oor die roetes te kry.

Die roete eindig op die plato. ’n Tweespoorpaadjie lei tot ’n groter grondpad, waarvandaan jy links kan draai na Reenen of regs na Elandsvlei op die pad wat by die R355 na Calvinia aansluit.

Blyplek:
Die Koeskop-, Tra-tra-huis en Cobusegat-kothuise op Elandsvlei is onlangs opgeknap, en jy kan ook op heelwat plekke langs die rivier kampeer.

Wat nog?
Niks nie ... en dit is juis hoekom jy daarheen gaan.

Wat jy moet weet

Kontak:
Ferdi Kotze
027 341 2131;
073 062 4959;
mvoa@telkomsa.net

Naaste dorp: Calvinia (120 km), Ceres (150 km) of Clanwilliam (145 km)

Beste tyd om te gaan: Herfs en blomtyd (Augustus-September)

B 58,6 km

Hoe lank gaan ek ry? Minstens 6 uur


KLOU, CRUISER, KLOU. Nou draaie en klipperige steiltes op die Kliphuiskloofroete is uitdagend, om die minste te sê.


Volledige bespreking
| Phillip Sackville-Scott (Junie 2008)

As jy dink daar is niks anders as vlaktes tussen Ceres en Calvinia nie, is jy verkeerd. Die Kliphuiskloof-4x4-roete loop dwarsdeur daardie “vlaktes”, en dis allesbehalwe plat.
Van die Doringrivier-canyons na Agterfonteinskloof loop die Kliphuiskloofroete oor van die rofste, klipperigste terrein in die Noord-Kaap. Dit lyk soos ’n kleiner weergawe van die Grand Canyon – as koppies en berge dus jou ding is, is dít net die plek vir jou.
Die Kliphuiskloofroete, geleë op die plaas Elandsvlei, is ’n sirkelroete van sowat 60 km wat jou minstens ses uur lank gaan besig hou. Jy kan dit ook as ’n eenrigtingroete doen, wat jou by die R355 na Calvinia sal uitbring.
Die roete kronkel oor terrain wat gevorm is rondom die loop van die Tankwa- en Tra-tra-rivier, en op Elandsvlei in die Doringrivier invloei. Tussen die Elandsvlei-plaashuis en die begin van die roete steek jy die Doring- en Tra-tra-rivier redelik kort na mekaar oor.
En daarna volg jy net die tekens tot in die “Wilde Weste”.

Nie vir sissies nie
Ons spring weg op ’n rowwerige plaaspad met los klippe en gruis soos dit die Doringrivier jaag tot waar die rivier in ’n doolhof van canyons en klowe verdwyn.
Aanvanklik is die roete deur plantegroei – omtrent so hoog soos ’n Jack Russell – maklik en “sagte-4x4”-vriendelik.
Net ná die samevloeiing van die Tankwa- en Doringrivier swenk die roete noordwes (weg van die rivier) en op in die rigting van die plato. Die volgende sien van die rivier is van ’n panoramiese uitkykpunt van die aangrensende plato.
Ons vorder fluks deur Karoo-plantegroei vir die volgende 20 km en hou later stil by ’n rigtingwyser net ná Karretjies. Agterna beskou, moes ons dalk langer daar getalm het – dit het immers ons rustige middag net daar tot ’n einde gebring.
Links neem die pad jou tot by die rustige Ou Posroete, terwyl die Kliphuiskloof-roete verder aan strek langs ’n oënskynlik eenvoudige afdraai na regs. Salig onbewus daarvan dat ons pas kaartjies vir ’n tuimel-treinrit gekoop het (sonder die harnasse, maar met ’n beter uitsig), mik ons regs.
Die nou, klipperige roete wat om koppies kronkel, duld nie misstappe nie – dit sal fataal wees. Steil, klipperige en on-eweredige afdraandes wil-wil jou aftrek tot op die vloer van die canyon doer onder.
Langs ’n skerp bergrug klou die Cruiser aan die kant van die canyonwal vas asof sy lewe daarvan afhang – ons s’n het beslis. Met ’n kranswand aan die een kant en ’n skerp val aan die ander kant, maak ons seker al die Cruiser se deure is gesluit.
Net om dinge nóg interessanter te maak, is daar boonop ’n haarnaalddraai of twee, skaars breed genoeg vir die Cruiser om sy draai te kry. In doodse stilte en met opgehoue asem skraap ons deur.
Net die kalmerende gedagte aan ’n swem in die Doringrivier doer onder sorg dat ons nie stuiptrekkings kry van te veel adrenalien nie.

Een, twee, drie …
Die oewer van die Doringrivier is ’n lekker plek om ’n dag of twee te kampeer. Jy sal nie luukses daar kry nie – net wit sand en stilte, wat af en toe deur die eensame eggo’s van ’n visarend se roep onderbreek word. Dis afsondering op sy beste.
Maar tydens die winterreën is dit ’n ander ervaring wanneer sylope die Doringrivier voed – dan wemel dit van watervalletjies en stroomversnellings.
Ons ry oor die rivier op ’n netjies gepakte kliplaagwaterbrug. Dis maklik as die watervlak laag is, maar toe die Cruiser sy neus na die rivier laat sak, besef ek in die reënseisoen sal jy hare op jou tande moet hê.
Van anderkant die rivier klim die roete weer op in die rigting van die plato.
Hoewel die klim minder steil is as die afkomslag, moet jy dit nie ligtelik benader nie – ’n goeie navigeerder sal nuttig wees om jou oor die rotse te kry.
Op die plato eindig die roete. ’n Tweespoorpaadjie lei tot ’n groter grondpad, waarvandaan jy links kan draai na Reenen of regs na Elandsvlei op die pad wat by die R355 na Calvinia aansluit.

WegRy sê: Ruwe berge, ’n borrelende rivier, afsondering en adrenalien-oordosisse – wat meer wil jy hê?

3-44x2 with DL911CampingEnvironment practices in placeGood ground clearanceGPS availableSelf drive/no guide necesarySwimming

Download here -

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association