|
|
|
-29.027590, 22.312290
|
101 Roetegids | 2010
Kalahari Seekoeibaard-sandroete
Die Kalahari Seekoeibaard-sandroete, een van Drive Out se Top 10 in 2007, is 95 km van die Witsand-natuurreservaat af geleë op die buurplaas, Transboegoe.
Transboegoe is ’n professionele onderneming, waarop jy vier roetes van meer as 100 km deur hoofsaaklik dik rooi Kalaharisand kan aanpak.
Begin met die Seekoeibaard-roete, ’n 28 km-sirkelroete wat oor van die beste duine op die plaas loop. Jy moet egter eers daar kom, en ’n stadige en effens vermoeiende klim oor die rotsagtige Boegoeberg trotseer. Nes jy begin wonder of jy op die verkeerde roete is, sal jy om ’n draai ry … en die eerste sandduin sien.
Die Kalahari is nie soos die Namib of die Sahara nie; moet dus nie ’n see van golwende duine verwag nie. “Dorsland” is ’n beter beskrywing, en ’n groot deel van die landskap is oortrek met gras en klein bome. Sandry is gróót pret, maar dit vat ’n tydjie om daaraan gewoond te raak, en veral beginners val aanvanklik gedurig vas. Gelukkig begin die roete redelik maklik, en jy kry kans om eers aan die sand gewoond te raak voor jy die ernstige dele aanpak.
Sodra jy egter op die sand begin ry, sal jy jou banddruk moet verlaag. Doen dit eerder vroeg, terwyl jy op ’n gelyke deel is, as halfpad teen ’n duin op. Die roete begin by die wal van die Boegoebergdam, en kronkel al langs die rivier op sandbanke en teen ’n klipperige heuwel uit. Die hellings van die duine is soms baie steil, en hier en daar moet jy versigtig wees vir rotsagtige dele wat met sand bedek is.
Al die duine het naamborde wat ’n goeie aanduiding is van wat jy kan verwag - wees dus gereed vir ’n verrassing op Skrikduin. Op Dikeetduin sal jy omtrent die enigste skadu op die roete kry – ’n eenvoudige netlapa met ’n braaiplek. Dis ’n lekker plek vir middagete. Daar is ontsnaproetes vir die minder avontuurlustiges.
Let wel: Brandstof is nie altyd in die omgewing beskikbaar nie. As jy dus beplan om van die een roete na die volgende te ry, sal jy jou eie brandstof moet saamry.
Wat jy moet weet
Blyplek:
Transboegoe se kampplek is binne-in ’n natuurlike bos van rosyntjie- en kareebome op die oewer van die dam. Die grasstaanplekke het kragpunte, en verlengdrade is op versoek beskikbaar. Jy kan ook in ’n selfsorgchalet aan die ander kant van die dam bly; jy sal elke oggend en aand met ’n veerboot oor die dam geneem word.
Wat nog?
Die Boegoebergdam is uitstekend vir watersport, en daar is ’n sleephelling by die kampplek waar jy jou boot te water kan laat. Karp en geelvis is volop, vierwielmotorfietse is welkom en jy kan op die rivier met ’n binneband of kano ry. Nabygeleë trekpleisters is die Witsand-natuurreservaat, die Oranjerivier-wynroete en ’n klein begraafplaas vir Britte wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in die omgewing gesterf het.
Kontak:
Louwrens en Elzahn Fourie
083 500 7180;
elzahnfourie@gmail.com
Naaste dorp: Groblershoop (50 km)
Beste tyd om te gaan: Heeljaar, maar Maart is ideaal.
Roeteafstand: Altesaam 113 km (4 roetes)
Hoe lank gaan ek ry? 6-9 uur tot 3 dae


FULL REVIEW | MARCH 2007 (DO18)
Kalahari Seekoeibaard
Nearest town Groblershoop (50km)
Contact Louwrens Fourie
Tel 083 500 7180
E-mail info@transboegoe.co.za
Website www.transboegoe.co.za
Best time of year All year, but march is best
Route distance 27km - 41km
Historically, when one thought of visiting the wonders of the Northern Cape the association was always that of Witsands, and why not? The reserve is a great stopover and, from a 4x4 perspective, acts as the perfect springboard to two fantastic sand trails, the Kalahari Mountain View 4x4 Dune Route and the Kalahari Seekoeibaard Sand Route.
These two trails, located on neighbouring farms, have made their respective facilities available to the reserve. Both are excellent in their own right, but often get overlooked due to their location and association. No longer! The Kalahari Seekoeibaard Sand Route, one of Drive Out’s 2007 Top Ten winners, has gone independent.
The Kalahari Seekoeibaard lies 95km from the Kalahari Witsands Nature Reserve. It is one of four trails located on the Trans Boegoe Farm, and is now entirely managed by Trans Boegoe themselves.
It starts at the Boegoeberg dam wall, goes all along the riverside on sand banks and up a rocky hill with breathtaking views of the surrounding area. A couple of rocky patches are covered with red Kalahari sand, so be careful. And remember, the slopes of the sand dunes are very steep and difficult to drive in some parts. But that said, it’s a beautiful and unique route.
There are escape routes for the less adventurous, but be aware that fuel availability in the area is a problem. If you’re planning to head straight from one trail to the next you’ll need to carry your own fuel with you.
Plus, if you are planning to visit both routes whilst there, make sure you put enough time aside to really enjoy it!
Trans Boegoes’ credo is that mother nature is our privilege, not our right, so come and appreciate the tranquillity of nature.
WHERE TO STAY
Trans Boegoe boasts excellent camping facilities right on the river. The camp is situated within a natural riverside forest of raisin and karee trees, and the entire camping area is covered by a soft lawn. Power points are located throughout the terrain and extension cords are available on request.
WHAT ELSE
- The dam is not only ideal for swimming, but has proven to be a fishing paradise. In the streams below the dam, carp and yellowfish are plentiful. The entire area is also ideal for fly fishing.
- Bring your jetski or motor boat and enjoy the waters of the Orange River
- Quad bikes are welcome.







Lewer kommentaar