|
|
|
-23.429720, 16.477510
|
101 Roetegids | 2010
Isabis-4x4-roete
Die Isabis-4x4-roete, deel van die Gamsberg¬roetes, loop deur die 40 000 ha groot opvangs¬gebied van die Gaubrivier (’n sytak van die Kuisebrivier, waar heelwat wild dwarsdeur die jaar gesien kan word).
Isabis is sowat 130 km suidwes van Windhoek geleë naby die Gamsberge, en strek oor twee buurplase, Isabis en Hornkranz. Dis ’n maklike selfryroete, maar jy kan twee kort ompaaie kies wat moeiliker is. Dis lekker
vir beginners wat ’n matige roete wil pak, maar meer ervare 4x4-ryers sal dit ook geniet.
Onthou egter dat dit nie geskik is vir sagte 4x4’s nie – jy het ’n voertuig met goeie grondvryhoogte nodig, asook laestrek op sekere dele. Die roete loop hoofsaaklik oor ’n bergagtige gebied, met hier en daar ’n rivier- of ’n sanderige oorgang. Dis goed gemerk, het skaduplekke en swemplekke, en takke word gereeld gesny om voertuig¬skade te beperk.
Daar is ’n roetekaart op die brosjure, maar vra meer besonderhede oor piekniekplekke en swempoele om jou roete te beplan. En maak ’n punt om nie Leopard Gorge mis te ry nie. GPS-roetepunte is nie beskikbaar nie, maar dis nie eintlik nodig nie. Daar is ’n paar versoeke in die brosjure: Neem net foto’s, los net jou voetspore, en moenie vuurmaakhout bymekaarmaak nie (jy kry dit). Diere het voorrang, en net een groep word op ’n slag by Isabis toegelaat.
Wat jy moet weet
Blyplek:
Daar is twee basiese kampplekke: Isabis is in ’n kloof geleë en heel romanties met kranse op die agtergrond. Daar is min skadu, en hoogstens vier voertuie kan hier staan. Klipdam is onder groot bome en ideaal vir groter groepe. Albei het lopende water, spoeltoilette en koue storte. Die nabygeleë Weissenfels-gasteplaas het konferensiegeriewe.
Wat nog?
Slaan voet of klim op Leopard Gorge of die 120 m diep Gaubriviercanyon. Jy kan bergfietse huur. Die Gamsbergplato en die Spreetshoogtepas is in die nabygeleë omgewing.
Kontak:
Joachim Cranz
00264 61 248 682;
00264 81 124 5588;
jcranz@promex-na.com
Naaste dorp: Windhoek (120 km)
Beste tyd om te gaan: Februarie tot Mei, September tot Oktober
Roeteafstand: 16-45 km
Hoe lank gaan ek ry? 3 uur tot 2 dae
GPS: S23.42337 E16.51485






Lewer kommentaar