Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Buffelspoort Adventure Trails
Bespreek: WR #4, 2007
Ons is hierdeur! Die uitsig oor Buffelspoort, 525m bo seespieël, met die spore van die vorige dag se rit nog onder te sien. (Phillip Rentschler)
Kontak: 
Rudy Nel
Telefoon: 
028 551 2117
Naaste dorp: 
Laingsberg (30km)
-33.435990, 20.983050
Afstand: 
Buffelspoort (12km) - heeldag | Slanggat 24km - 2.5-3 uur Swartberg: 30km | 3
Omgewing: 
Buffelspoort is a touring adventure rather than just a trail. In today's modern world there are very few unspoilt places where it feels as if you're the first person to discover it, and above all, where you're allowed to drive. Buffelspoort is the exception. The Buffels River that almost washed Laingsburg out of existence in 1981 cuts through the Klein Swartberg mountains between Laingsburg and Ladismith with a spectacular deep gorge. This gorge is a National Heritage Site and probably the best kept nature secret in the Western Cape. Due to the large catchment area of the Buffels River, most tracks are destroyed after a good downpour and the riverbed is restored in nature's way. Each vehicle receives a detailed booklet, highlighting the history of the area, with a special section on the 1981 Laingsburg flood.
Die roete: 
There are two main 4x4 trails as well as many 4x2 trails. During drier winter months the kloof is easier to negotiate, but after a thunderstorm it might be impassable. Your booking for this trail will thus depend on the weatherman's predictions. Once through the poort, you have the option of two other trails to the top of the Swartberg. From the more than 600-m-high vertical cliffs you literally have a bird's eye view over the poort you negotiated the previous day.
Verblyf: 
You can book into one of the guesthouses or hotel in Laingsburg.
Kampering: 
Basic camping with a flush toilet only. You need to be completely self-sufficient if you decide to camp. Once through the poort, there is a neat little sheltered campsite with braai and 220V electricity, two bathrooms with showers and flush toilets. Two rooms are also available

101 Roetegids | 2010

Buffelspoort-avontuurroete

Die Buffelsrivier, wat Laingsburg byna in 1981 uitgewis het, sny tussen Laingsburg en Ladismith deur die Klein-Swartberge.
Die kloof wat die rivier uitgekalwer het, is 200 m op sy breedste punt, met kranse van sowat 500 m hoog. Dis ’n nasionale erfenisgebied en ook die plek waardeur die Buffelspoort-avontuurroete loop. Dis ’n begeleide konvooitoer wat jy vooraf moet bespreek. Voor die voertuie vertrek, kry elke bestuurder ’n boekie met inligting oor onder meer die geskiedenis van die omgewing, en ’n deel word spesiaal aan die Laingsburg-vloed afgestaan.
Vanweë die groot opvangsgebied van die Buffelsrivier word die meeste spore ná goeie reën weggevee en die rivierbedding keer terug na sy natuurlike toestand.
Gedurende die droër wintermaande is dit makliker om deur die kloof te ry, maar ná ’n donderstorm in die somer kan dit onbegaanbaar wees; in dié geval sal jy moet omdraai en in jou spore terugry – nie ’n goeie vooruitsig nie aangesien dit agt uur duur om die 12 km van die roete te ry. Jou bespreking vir dié roete hang dus grootliks  van die weer af.
Binne 100 m van die begin van die roete steek jy die eerste rivier oor (’n sytak van die Buffelsrivier), en voor die einde van die dag sal jy minstens 40 keer water oorgesteek het. Langs die pad sal jy deur die “Car Wash” ry – ’n kort gedeelte deur ’n ruigte waar die bestuurder nie kan sien waar hy ry nie; doodstadig is al manier waarop jy hierdeur kan kom.
Die gids sal gewoonlik heelwat bioafbreekbare sandsakke in sy voertuig saamry. Dié sakke word in ongemaklike plekke gebruik saam met rotse om die voertuigskade te beperk en gronderosie te voorkom.
Die drie diepste wateroorgange kom op die laaste 2 km van die roete voor. Op die laaste gevaarlike deel ry jy oor ’n laagwaterbrug – ’n los rotsmuur wat by die uitgang van die poort oor die rivier gepak is. Dit dien ook as keerwal om die plaas Van Zylsdamme van nog vars water te voorsien, en die eienaar, Louis Fourie, wag jou soms in om seker te maak almal kom in een stuk oor. Sodra jy deur die poort is, kan jy die Slanggat-4x4-roete tot bo-op die Swartberg ry. Dié 24 km-roete oor twee plase loop na ’n uitkykpunt aan die bokant van die kloof.
Plek-plek is die pad maar rof, en ’n ewenaarslot sal help. Die roete het ’n 4-gradering en voertuie met onafhanklike voorvering spring redelik oor die groot rotstrappe.

Blyplek:
Jy moet heeltemal selfversorgend wees as jy kamp, aangesien die geriewe basies is. Jy kan by die begin van die roete, op die plaas Driefontein sowat 30 km van Laingsburg af, kampeer. Sodra jy deur die poort gery het, is daar ’n netjiese beskutte kampplek met ’n braaiplek, 220 V-krag en twee badkamers met storte en spoeltoilette. Twee kamers is ook beskikbaar. Jy kan ook in ’n gastehuis of die hotel op Laingsburg bly.

Wat jy moet weet

Kontak:
Rudi Nel
028 551 2117;
buffelspoort@gmail.com

Naaste dorp: Laingsburg (30 km)

Beste tyd om te gaan:
April-September; in die somer is die gevaar van ’n skielike vloed as gevolg van somerreënstorms eenvoudig te groot.

Roeteafstand:
Altesaam 36 km   

Hoe lank gaan ek ry?
Buffelspoort 12 km (heeldag), Slanggat 24 km (2½-3 uur)

GPS: S33.43603 E20.98303


VOLLEDIGE BESPREKING | JULIE 2007 | Trygve Roberts

Die Buffelspoort Rubicon – die roete van die tragiese Laingsburg-vloed van 1981 – is ’n uitdaging, selfs as dit droog is. Trygve (Robby) Roberts het dit saam met vriende gery – in die middel van een van die natste winters …

Laingsburg, Sondag 25 Januarie 1981
. Dit reën al twee dae lank aaneen. Al drie riviere wat die kom rondom die dorp voer, loop gelyktydig oor, en stuur ’n reusehoeveelheid bruisende bruin water die dorp in. Die water saai verwoesting op die dorp; dit vloei op sy sterkste teen 8 000 metrieke ton water per sekonde, en 130 mense verdrink.

Daarvandaan snel dit voort in die Buffelsrivier na die bykans leë Floriskraaldam, sowat 15km van Laingsburg. Die dam loop in ’n oogwink vol.

Daarna woed dit oor die damwal in Buffelspoort in, ’n bergkloof van sowat 500m diep en 12km lank. Tot 9m teen die wand van die kloof laat die water sy spore agter …

Vrydag 27 Julie 2007. Dit reën al ’n maand lank. Elf onverstandige avonturiers … of nee, kom ons noem hulle eerder dapper, in 4x4’s is op pad om dieselfde roete te ry wat die berugte Laingsburg-vloed gevolg het: die Buffelspoort Rubicon.   

IS ONS REGTIG…?
Die tog word beplan vir vroeg Junie, maar is al twee keer uitgestel vanweë die hoë vlak van die Buffelsrivier.

Uiteindelik stel ons ’n datum vas aan die einde van Julie, en om eerlik te wees verwag ek dit gaan ’n derde keer uitgestel word.

Ek en ons gids, Geoff Russell, praat ure lank met die weer-kantoor en Rudi Nel van die plaas Van Zylsdamme, by die uitgang van Buffelspoort. Ons kom ooreen om die Maandag te besluit, maar die gebied kry daardie naweek nog reën.

Ons stel ons besluit uit na Dinsdag. Woensdag breek aan … en Donderdag.

Donderdagoggend besluit ons ons gaan die roete aanpak. Daardie aand pak ek die Cruiser in die reën.

Ek heg die boogskakels en hou die kinetiese strop byder-hand, want ek weet ek sal dit nodig kry. Ek pak ook ’n groot leë plastiekhondekossak in
om die verkoeler en nog ’n paar onderdele deur die onver-mydelike diep wateroorgange te beskerm.

Daardie Vrydagoggend vertrek ek na Laingsburg met gemengde gevoelens – iets tussen besorgdheid en opge-wondenheid. Die Karoo is versadig en al die berge in die Wes-Kaap deurdrenk met water, water en nogmaals water.

Is dit die regte tyd vir hierdie roete? Gaan ek dit werklik aan-pak ondanks my kennis van dit wat in daardie kloof met sy 500m hoë en bykans vertikale kranse kan gebeur – en gebeur het? ’n Ongerustheid bly knaag.

Op pad na ons oornagkamp op die plaas Driefontein (die begin van die roete en sowat 30 km van Laingsburg) reën dit swaar. En ja, dit sneeu ook.

Die grondpaaie lyk soos sjokolademousse.

Ons kom in die donker by Driefontein aan. Rudi wag al op ons; hy sal die volgende dag die roete saam met ons ry.

’n Sytak van die Buffelsrivier jaag naby die kampplek verby, maar dis onsigbaar in die nag.

’n Paar van die bestuurders is senuweeagtig, maar bly stil daaroor. Ons kry ’n groot vuur aan die gang en die senuwees begin bedaar namate die aand se feestelikheid aan die gang kom.



DIE SKADE RAAK AL MEER
Ons is almal teen dagbreek wakker. Dis nie so koud as wat ons verwag het nie – daar is nie eens ryp op die voorruit nie.

Geoff rangskik die konvooi van tien voertuie in ’n spesifieke volgorde om voorsiening te maak vir herwinnings.

Die groep bestaan meestal uit Land Cruisers, met die uit-sondering van ’n Colt 2.8 TDi, ’n Isuzu 2.8 DTi en ’n Toyota Hilux 2.4-dubbelkajuit.

Selfs in dié laat stadium is daar twyfel of ons deur die laaste drie diep wateroorgange aan die einde van die roete sal kan kom. Geen ander groep is die afgelope twee maande daardeur nie ...

As die water ons ore gaan aansit, sal ons moet omdraai en in ons spore terugry. Dis ’n ongemaklike vooruitsig omdat dit agt uur kos om die 12 km van die roete af te lê, wat beteken ons sal in die donker uit die poort moet probeer kom.

Binne 100m van die kamp steek ons die eerste keer ’n stroom oor (’n sytak van die Buffelsrivier). Voor die einde van die dag sou ons minstens 40 keer ’n rivier oorgesteek het.

Ons ry, baie, baie stadig, kruis en dwars oor die stroom. Oral is ronde klippe. Takke is gebreek en steek oral uit, en dit éét die bakwerk en bande. Jy moet heeltyd bewus wees van alles om jou om dié gedeelte sonder teenspoed te voltooi.

Beswaarlik 1km van die begin gly Karel de Haas se Cruiser in ’n diep watergat in. Sy seun Tobie bestuur. Hy ry daaruit, maar die skade aan die bakwerk is sowat R10 000.

Tot nou toe het ons langs een van die sytakke van die Buffels-rivier gery. Met Geoff se leiding is ons nou by die punt waar die Buffelsrivier by die kloof aansluit.

Langs die pad het ons deur die “Car Wash” gery – ’n kort gedeelte deur ’n ruigte waar die bestuurder nie kan sien waar hy ry nie. Die voertuie word heeltemal omring deur plantegroei – selfs oor die dak.

Onder die wiele is dit water en klippe. Doodstadig is al manier waarop jy hierdeur kan kom.

Die lys van skade word al langer. Jacques Lewis kry teen ’n modderwal ’n duik in die deur van sy Land Cruiser, modderflappe val af en die Isuzu verloor ’n metaalstrook teen sy deur. Dit raak al modderiger en die oorgange raak toenemend dieper.

Die radio krys: “Die deurgang is kort, maar diep. Moenie paniekerig raak as die water oor die masjienkap stoot nie. Ry net vorentoe in eerste, laestrek, met ’n bietjie momentum.”

Een van die voertuie sit lelik vas, maar daar is niks wat ’n paar herwinningsplukke nie kan regdokter nie.



“MY HART IS IN MY MOND”

Die konvooi stoom voort deur dieper oorgange. Ons word aangeraai om ’n plastieksak voor die voorste sierrooster te sit, omdat dit hiervandaan net dieper raak. (Die sak beskerm die lemme van die waaier en die verkoeler.)

Een vir een gaan ons deur die water. By ’n oorgang moet ons deur ’n elmboogdraai deur die rivier waar dit deurslaggewend is om nie die draai na links na die wal mis te ry nie. Op dié draai is die water sowat 100 m breed en dis riete net waar jy kyk.

Ons wag op die boodskap oor die radio dat alles veilig is toe ons benoude uitroepe hoor. ’n Paar mense het gesien hoe Jacques die draai misry en reguit na ’n baie diep waterpoel mik. Gelukkig het hy die gille gehoor, gerem, teruggery en die regte pad uitgery.

Sommige dele van die roete gaan deur baie diep modder, waar net momentum ’n voertuig kan deurkry. Maar die groot vraag is: Gaan ons deur die laaste gevaarlike gedeelte oor die keerwal kan kom, wat die laaste paar weke heeltemal onder water was? (Die keerwal is ’n los rotsmuur wat by die uitgang van die poort oor die rivier gepak is en voorsien ook die plaas Van Zylsdamme van vars water.)

Ons kyk gespanne terwyl Geoff oor die keerwal ry. Jy kan die angstigheid in sy stem aanvoel terwyl hy aanwysings gee hoe en teen watter spoed om te ry. Louis Fourie, die eienaar van Van Zylsdamme, wag aan die plaas se kant met sy Nissan Patrol en ’n trekker, ingeval iemand in die water sou beland.

Toe dit my beurt is (ek is derde laaste in die konvooi) klop my hart in my mond. Ek dompel die enjinkap in die water in eerste, laestrek, en gly onmiddellik na regs teen ’n angwekkende helling. Ek versnel ’n bietjie en probeer na links stuur, maar die voertuig beweeg nes ’n krap, al na die regterkant toe.

Maar ek kom deur die rivier, en is ’n baie verligte man op vaste grond. Wat ’n ervaring …

Nadat ons ’n knetterende vuur aan die gang kry, kom Rudi se vrou te voorskyn met ’n groot pot sop en vars rolletjies, glo ’n instelling as jy dié roete ry.

Daardie aand is dit ’n moeë spulletjie wat rondom die kampvuur sit.

TIEN UIT TIEN
Die oggend breek, koud maar sonnig. Ons is op pad na die Slanggat 4x4-roete oor twee privaat plase na die uitkykpunt oor die kloof.

Plek-plek is die pad maar rof, en diegene met ’n ewenaarslot het ’n voordeel. Die roete het ’n 4-gradering, en die voertuie met onafhanklike voorvering spring redelik oor die groot rotstrappe.

Van die uitkykpunt kan ons ons aan die grootsheid van die Buffelspoort verwonder, veral ná die beproewing van ons voertuie die vorige dag.

Terug by die plaasopstal groet ons vinnig, en dan is die konvooi weer op pad, met Geoff wat die voortou neem op die mooi pad terug deur die Anysberg-natuurreservaat, oor die Ouberg-pas tot in Montagu.

Ons kry weer reën net voor die Hugenote-tonnel en kom by die huis aan - heelwat later as ons wat ons beplan het.

Maar niemand gee om nie. Ons het ’n onverbeterlike veldry-ervaring agter die rug. My punt? 10/10.


Wat jy moet weet:

HOEKOM MOET EK GAAN?
Buffelspoort is ’n roete wat alles bied: ongerepte en dramatiese natuurskoon in die kloof; diep rivieroorgange; baie tegniese uit-dagings; en iets vir adrenalienafhanklikes en mense wat in die geskiedenis belang stel.

OP DIE ROETE
Hoe lank is die roete? 12 km
Hoe lank gaan ek ry? Minstens 8 uur
Maksimum aantal voertuie? 10
Kry ek ’n kaart?
Ja, en ’n boekie met die geskiedenis van die vloed. Dit is ook ’n begeleide roete.
Gaan my kar gekrap word? Ja
Moet ek die treeplanke afhaal? Ja
Moet ek ’n pomp saamvat? Ja
Kan ek op die roete braai?
Beslis nie, maar jy kan by Driefontein (die begin van die roete) en by die kampeerterrein by Van Zylsdamme (die einde van die roete) braai.

OM DIE ROETE
Wat is die naaste dorp?
Laingsburg (30km van die begin) en Ladismith (30km van die einde)
En die naaste brandstof?
Laingsburg (30km van die begin)
Hoe kom ek daar?
Ry met die N1 na Laingsburg (of ry van die grondpaaie daarheen). Draai suid op die R323 vir ongeveer 16km en draai links op ’n teerpad wat met “Seweweekspoort” gemerk is. Dit word later ’n grondpad. Draai regs ná 5,6km op ’n kleiner grondpad, en weer regs ná 1,7km op die haarnaalddraai deur die hek wat “Driefontein” gemerk is. Hou vir 1,6km aan met dié tweespoorpad tot by die kampeerplek naby die ou plaasgeboue.
Die beste tyd om te gaan?
April tot September. In die somer is die gevaar van ’n skielike vloed as gevolg van somerreënstorms eenvoudig te groot – jy wil nie in die poort vasval nie.
Kan ek die gesin vat? Ja
Net vir die dag of die naweek? Gaan vir ’n naweek – Van Zylsdamme is ’n wonderlike plek om van alles te ontsnap. Nadat jy die Buffelspoort-roete gedoen het, kan jy ander roetes in die omgewing ry, of net op die plaas ontspan.
Is daar ablusiegeriewe vir dagbesoekers? Ja, by Driefontein is dit baie basies (net ’n spoeltoilet wat soms werk). Die geriewe by Van Zylsdamme is uitstekend.
Kan ek wild sien? Ja, baie voëls, klein boksoorte soos die klipspringer, reptiele, dassies, bobbejane, ens.

BLYPLEK
Omdat Buffelspoort ’n begeleide roete is, is dit verpligtend om in ’n groep te kampeer. Jy kan by Driefontein en Van Zylsdamme kampeer – laasgenoemde is baie goed toegerus.
Op die plaas is ook blyplek in chalets, maar dis nie deel van die roetegeriewe nie, en moet met die eienaar gereël word.

WAT NOG?
Wat moet ek spesiaal vat?
’n Sin vir humor, waterdigte sakke vir jou klere ingeval jou voertuig in die rivier vasval, rubberstewels en warm klere – saans kan dit baie koud wees.
Wat kan ek nog doen?
Bergfiets ry, stap, swem en voëls kyk. Daar is ander roetes, maar jy kan dit net ry nadat jy die Buffelspoort-roete voltooi het. Een daarvan is die Begrafnisroete, wat baie tegnies is en deur ’n nou droë rivierbedding loop.

WAT KOS DIT?
R500 per voertuig. Dit sluit kampering vir albei nagte in, sowel as nog een van die 4x4-roetes op die plaas.

KONTAK
Geoff Russell 
Sel 082 807 8130


THE CONVOY:

  • Geoff and Nolene Russell with daughter Megan
    (Land Cruiser 80 4.5 EFi)
  • Robby Roberts and Phillip Rentschler (Land Cruiser 105 4.5 EFi)
  • Rudi Nel (Toyota Hilux 2.4 DC)
  • Karel and Tobie de Haas (Land Cruiser 105 4.5 EFi)
  • Johann and Jacky Meyer (Land Cruiser 80 4.5 EFi)
  • Jacques and Marele Lewis with two children
    (Land Cruiser 105 Diesel Auto)
  • Bennie and Franco Smit (Land Cruiser 60 4.0 petrol)
  • Graham, Amy and Gordon Burchell (Land Cruiser 62 petrol)
  • Spike Pretorius and Shaun Rees (Colt 2.8 TD DC)
  • Neels and Annemarie Wilkin (Isuzu KB 280 TD DC)

3-4AccommodationCampingDrinking waterEnvironment practices in placeFuel nearbyGood ground clearanceGuide essentialLR essentialShade on trailSwimming

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association