Javascript word benodig om die padkaart te sien.
LET WEL: Die ballonne verskyn op die presiese ligging van die roete, of die naaste dorp (as ons nie sy koördinate het nie).
Alkmaar-4x4-roete
Bespreek: DO #7, 2004
Kontak: 
Johann & Wanda Sippel
Selfoon: 
083 449 8701 | 083 305 2472
Telefoon: 
013 733 3029
Naaste dorp: 
Nelspruit (15km)
-25.465120, 30.829860
Afstand: 
7km | 2-3 hours
Omgewing: 
Alkmaar Farm Stay is set in the heart of the Lowveld's Schagen Valley in the Maputo corridor. Just 15 minutes from Nelspruit. It's based on a citrus farm belonging to Johann Sippel. The landscape includes the Kaapschehoop Mountains and the Crocodile River and is packed with beautiful fauna and flora and spectacular views.
Die roete: 
Alkmaar 4x4 is a beautiful scenic trail offering game viewing and mildly-challenging obstacles. It's great for the novices who prefer a gentle, enjoyable drive rather than a challenge. The trail is situated on a working farm and the route winds through the plantations and orchards before climbing three lookout points along the way including one over the Crocodile River Valley. From here you can see as far as the Kaapschehoop Mountains. Excellent game viewing and bird watching opportunities along the way. Johann, chief instructor at The Land Rover Experience, also offers 4x4 training on a separate training facility with a challenging obstacle course that will test any driver and his/her vehicle. After basic training everybody gets the chance to test out their newly learned skills on the 7-km track.
Verblyf: 
Alkmaar offers a memorable farm-style stay. Choose between the fully-furnished Garden Cottage (sleeps four) and the more rustic Valencia Cottage, which sleeps six. There is also a Bush Cottage that sleeps 16, which overlooks part of the track and has two bedrooms and a separate bathroom with proper flush toilets and hot water. It's a more or less open-air job with a wonderful covered veranda area where you can watch the goings-on around you.

101 Roetegids | 2010

Alkmaar-4x4-roete

Alkmaar Farm Stay is in die hartjie van die Laeveld se Schagenvallei langs die Maputo-korridor geleë.
Dié werkende sitrusplaas behoort aan Johann Sippel, ’n bekende in 4x4-kringe.
Die hoofroete, ’n 7 km-natuurroete, kronkel deur die boorde en plantasies voor dit tot by die plaas se drie uitkykpunte klim. Daarvandaan kyk jy uit op die Krokodilriviervallei, met uitsigte wat selfs tot by die Kaapschehoopberge strek.
Dis ’n mak roete waarlangs jy wild en ’n verskeidenheid voëls kan sien, asook pragtige plante en diere, en die uitsigte is iets besonders. Dis lekker vir groentjies wat ’n maklike rit verkies eerder as ’n volbloeduitdaging, maar daar is ook ’n hindernisbaan.
Johann gee ook geakkrediteerde 4x4-opleiding op ’n afsonderlike terrein met ’n uitdagende hindernisbaan. Ná die basiese opleiding kry almal die kans om hul nuut verworwe vaardighede op die 7 km-roete te beproef.

Wat jy moet weet

Blyplek:
Die ten volle gemeubileerde Garden Cottage het slaapplek vir 4 en die Valencia Cottage het slaapplek vir 6. Albei het kosmaakgeriewe, ’n private stoep en DStv. Die Boshuis het drie kamers, spoeltoilette en ’n volledig toegeruste kombuis waarin 16 mense kan slaap. Die nuwe Kiaatkamp het permanente tentverblyf, ’n toegeruste kombuis, braaigeriewe en ablusiegeriewe met storte. In die hoofhuis kan jy in kamers bly (dis bed-en-ontbyt), of jy kan kampeer.

Wat nog?
Hengel, bergfietsry, kanory, voetslaan en kleiduifskiet. Alkmaar is ideaal om plekke soos Pelgrimsrus, die Sudwalagrotte en Krugerwildtuin te verken en die Bridal Veil-, Horseshoe- en Lone Creek-waterval te besoek.

Naaste dorp: Nelspruit (15 km)

Beste tyd om te gaan: Heeljaar

Roete-afstand: 7 km  

Hoe lank sal ek ry? 2-3 uur

GPS: S25.46511 E30.82987

Kontak:
Johann Sippel
013 733 3029;
083 449 8701;
083 305 2472;
jsippel@netactive.co.za;
www.alkmaarfarmstay.co.za


2-3AccommodationCampingDrinking waterEnvironment practices in placeFuel nearbyGood ground clearanceGPS availableLR essentialSelf drive/no guide necesaryShade on trail

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association